Man se verhoor hervat ná hy glo meisie vermoor
Vrou reeds in 2019 dood
'n Man word daarvan beskuldig dat hy sy meisie aangerand, vermoor en haar liggaam in 'n sloot gegooi het.
Die verhoor van ’n man wat daarvan beskuldig word dat hy in Julie 2019 sy 22-jarige meisie in die omgewing van Katima Mulilo aangerand en vermoor het, is geskeduleer om vandag te hervat.
Ibalela Eman Musukubili het vyf maande gelede in die rondgaande hof op Katima Mulilo onskuldig gepleit en hy sal na verwagting vandag in die hoërhof in Windhoek verskyn vir die hervatting van sy verhoor.
Die staat voer aan dat Musukubili sy meisie, Beritha Doctor, se liggaam tot by ’n sloot gesleep het en haar na bewering daarin gegooi het.
Die voorval het in die Makaravan-Wes-nedersetting plaasgevind en die destydse koördineerder vir misdaadondersoeke in die Zambezistreek, adj.komm. Evans Simasiku, het gesê ooggetuies het gesien hoe Musukubili en Doctor dié noodlottige aand by ’n kroeg baklei het. Niemand het glo weer vir Doctor gesien totdat ’n voetganger die volgende oggend op haar lyk afgekom het nie.
Musukubili is kort daarna in hegtenis geneem. Hy het daarna in die landdroshof op Katima Mulilo verskyn en is borgtog geweier.
Hy staan tereg op moord saamgelees met die bepalings teen geslagsgebaseerde geweld, aanranding en dwarsboming van die gereg.
PLEIT ONSKULDIG
Musukubili het aan die begin van sy verhoor onskuldig gepleit op al die klagte waarop hy teregstaan en ’n pleitverduideliking verskaf.
Hy het verduidelik dat hy en Doctor destyds saam gewoon het. Hy het die oggend van die voorval die huis verlaat en toe hy later teruggekom het, was sy na bewering nie daar nie.
Hy het haar glo later by ’n drinkplek in die omgewing gesien waar sy saam met ander mense gekuier het. Hy beweer hulle het saam huis toe gegaan en hulle het begin stry.
Hy het daarna na bewering alleen saam met vriende gaan kuier en toe hy die volgende oggend by die huis kom, was Doctor nie daar nie.
Hy het na bewering opgemerk dat van hul besittings weg was en hy het na sy pa se nabygeleë woning gegaan.
Toe hy sy pa se huis verlaat het, het die polisie hom aangekeer en hom in hegtenis geneem.
Die verhoor word deur regter-president Petrus Damaseb aangehoor.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie