• Tuisblad
  • Howe
  • Man sit 2 keer lewenslank vir moord, verkragting
Oshakati High Court
Photo: File
Oshakati High Court Photo: File

Man sit 2 keer lewenslank vir moord, verkragting

Voorheen in die tronk vir moord
Die beskuldigde is op 7 Februarie op parool vrygelaat en het op 14 Februarie teruggekeer huis toe. Die volgende dag het hy die grumisdade gepleeg.
Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula - ’n Man wat daaraan skuldig bevind is dat hy sy pensioenaris-ouma wreed aangerand en verkrag het en daarna sy twee minderjarige neefs vermoor het, is Woensdag in die hoërhof in Oshakati ’n dubbele lewenslange vonnis opgelê.

Regter Duard Kesslau het Tomas Menas Hifaanye tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis vir elk van die moorde, 15 jaar vir die verkragting en 10 jaar vir huisbraak met die voorneme om te roof, en roof.

Hifaanye (31) van die dorpie Ondombe Yakayoli in Angola het die misdaad in 2019 by die Okafitu ka KaTanyange-dorpie in die Omusatistreek die dag ná Valentynsdag gepleeg.

Hy het sy 78-jarige ouma aangerand en verkrag en voortgegaan om sy neefs te vermoor.

Die kinders – Thomas Malakia Ndapuka (7) en Linus Ndapuka (10) – het voor die voorval langs hul ouma geslaap. Dit is dieselfde vrou wat na Hifaanye omgesien het.

UIT OP PAROOL

Voordat hy die misdade gepleeg het, was die beskuldigde in die tronk vir die moord op sy meisie in die omgewing van Onesi in die Omusatistreek.

In 2019 het die dagblad New Era berig dat Hifaanye op 7 Februarie op parool vrygelaat is en op 14 Februarie teruggekeer het huis toe. Die volgende dag het hy die grumisdade gepleeg.

Hifaanye se ouma het destyds gesê totdat hy sy meisie 10 jaar gelede vermoor het, was hy ’n “saggeaarde en gedissiplineerde” kleinseun. Die pensioenaris het gesê sy wil hê Hifaanye moet lewenslank sit omdat sy voel hy is “ongeskik” om tussen ander mense te woon.

Sedert haar kleinkinders vermoor en Hifaanye in hegtenis geneem is, bly sy by ’n buurman aangesien sy nie meer familielede het om by te woon nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 20° | 24° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 21° | 27° Otjiwarongo: 20° | 30° Omaruru: 20° | 32° Windhoek: 19° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 19° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 13° | 26° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 33° Lubumbashi: 16° | 31° Mbabane: 19° | 27° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 16° | 25° Lilongwe: 20° | 32° Maputo: 23° | 33° Windhoek: 19° | 32° Cape Town: 19° | 25° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 18° | 32° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!