Inock Nalise is vandeesweek skuldig bevind op een klag van moord en een klag van regsverydeling. Foto Kristien Kruger
Inock Nalise is vandeesweek skuldig bevind op een klag van moord en een klag van regsverydeling. Foto Kristien Kruger

Man skuldig aan hamermoord

Steek vrou 22 keer met mes
Die hof het die beskuldigde se verweer, dat hy in 'n beswyming gegaan het en niks van die voorval kan onthou nie, verwerp.
Kristien Kruger
Kristien Kruger – “Die beskuldigde se beweerde breinfloute, is na aanleiding van die bewyse, ’n blote versinsel en ’n nagedagte met die doel om ’n moontlike verweer te skep.”

So het regter Christie Liebenberg Dinsdag in die hoërhof in Windhoek gesê voordat hy Inock Nalise skuldig bevind het op die grumoord op sy vrou, Petrah Munikonzo, in 2020 in Okahandjapark.

Die nadoodse ondersoek het bepaal dat Munikonzo 22 keer met ’n mes gesteek en 15 keer met ’n hamer geslaan is.

Nalise het tydens die verhoor aangevoer dat hy niks van die aanval op sy vrou kan onthou nie. Hy het gesê hulle het baklei op die dag van haar moord.

Munikonzo het hom na bewering met ’n besemstok geslaan en met ’n mes gedreig. Sy het hom daarna glo aan sy privaat dele gegryp, dit gedraai en hy het glo in ’n beswyming gegaan.

Nalise het twee dae in die bosse weggekruip voordat hy homself aan die polisie oorgegee het.

VERSINSEL

Volgens Liebenberg se uitspraak word Nalise se beweerde breinfloute verwerp omdat getuies dié weergawe weerspreek het.

Volgens die getuienis van ’n polisiebeampte van die Wanaheda-polisiekantoor het Nalisa glo vir hulle gesê hy het sy vrou gesteek en dat sy dood is.

Die verklaring wat Nalise by die polisie afgelê het, dui ook daarop dat hy kan onthou wat gebeur het.

Liebenberg het bygevoeg dat Nalise se optrede ná die moord – toe hy haar liggaam in ’n kombers toegedraai en twee dae weggekruip het – ’n aanduiding is dat hy wel bewus was dat hy ’n misdaad gepleeg het.

Liebenberg het gesê na aanleiding van die oorledene se beserings, kan die afleiding gemaak word dat Nalisa die direkte bedoeling gehad het om haar te vermoor.

Nalise is ook skuldig bevind op een klag van regsverydeling omdat hy van die mes ontslae geraak het wat tydens die moord gebruik is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!