Man skuldig aan verkragting
Agtjarige meisie, gestremde vrou geraak
Die beskuldigde het aangevoer dat die klagte teen hom 'n komplot is wat die vroue teen hom gesmee het.
’n Man is Vrydag in die hoërhof in Windhoek skuldig bevind aan die verkragting van drie vroue, waarvan een verlam en verstandelik gestremd is en ’n ander minderjarig is.
Regter Herman January het bevind dat Jackson Katjombe in 2018 verskeie kere vir Mina*, Lia* en ’n agtjarige meisie verkrag het. Hy is egter onskuldig bevind op ses klagte van aanranding teen hom.
Die drie slagoffers het saam op Otjimbingwe gewoon en is glo familielede.
Katjombe het tydens sy getuienis gesê hy was in ’n verhouding met Lia en dat hulle “gedoen het wat mense in verhoudings doen”. Hy het aangevoer die klagte teen hom is ’n komplot wat die vroue teen hom gesmee het en hulle het glo amper elke dag daaroor gepraat.
“Die beskuldigde se verdediging is ’n blatante ontkenning,” het January in sy uitspraak gesê.
Lia het volgens die hof ’n agterstand in haar ontwikkeling, maar is nie verstandelik gestremd nie en het volgens getuies in die saak ’n familielid gevra om Katjombe oor die voorvalle te konfronteer. Sy het ontken dat sy en Katjombe in ’n verhouding was.
Katjombe het getuig dat Mina – wat verstandelik gestremd en aan ’n rolstoel gebonde is – in ’n verhouding met iemand anders was en in ’n poging om dit vir ’n familielid weg te steek, die storie oor die verkragtings opgemaak het.
January het dié stelling verwerp en gesê Katjombe se weergawe was ’n nagedagte. Mina kry volgens ’n maatskaplike werker erge nagmerries sedert die voorvalle.
Die meisie was agt jaar oud toe sy verkrag is en dra volgens getuies twee of drie stelle klere sedert die voorvalle. Haar humeur en gesindheid het glo ook sedert die gebeure verander. * Skuilname
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie