download
download

Man stel eis in ná ski-ongeluk

Alle versekeringspremies op datum
'n Windhoeker het internasionale reisversekering vir 'n reis na Switserland en Duitsland uitgeneem.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ’n Man van Windhoek eis meer as N$294 000 van ’n versekeraar nadat sy mediese eis ná ’n ski-ongeluk in Switserland afgekeur is.

Andrew Bassingthwaighte se eis is teen Namibia Medical Care (NMC), sowel as Hollard Insurance.

Volgens Bassingthwaighte het hy op 6 Januarie verlede jaar ’n ooreenkoms met NMC vir internasionale reisversekering aangegaan, deel van die voordele as lid van die mediese fonds. Hollard Insurance was die onderskrywer van die kontrak wat geldig was vir solank as wat Bassingthwaighte in die buiteland en wel Duitsland en Switserland gereis en hy na Namibië teruggekeer het. Die dekking was geldig vanaf 6 Januarie tot sy verwagte terugkeer op 1 Februarie 2022. Dit het ingesluit outomatiese dekking vir ernstige beserings tydens deelname aan ’n gelyste sneeusport met goedkeuring vir toegelate uitgawes tot en met N$10 miljoen en of toegelate uitgawes wat nie goedgekeur is nie tot en met N$10 000.

Volgens sy eedsverklaring was alle mediese fonds- en versekeringspremies ten volle op datum.

Hollard Insurance sou Bassingthwaighte dek vir verliese wat voortspruit uit 'n versekerde gebeurtenis ingevolge die kontrak, onderhewig aan die beperkings en voorwaardes van die kontrak. Bassingthwaighte het Hollard Insurance se aanspreeklikheid om dit te doen aanvaar. Hollard sou ingevolge die kontrak alle geldige eise aan Bassingthwaighte in Namibië betaal, onderhewig aan die beperking van dekking en enige oortollige bedrae. Hollard is volgens Bassingthwaighte se eedsverklaring aanspreeklik om tot die limiet in die kontrakskedule te betaal vir kwalifiserende uitgawes wat deur hom gemagtig is voor enige behandeling vir 'n onverwagte siekte, of ernstige besering (wat nie lewensgevaarlik is nie) en kwalifiserende uitgawes vir 'n besering wat lewensgevaarlik is nadat die behandeling ontvang is, die mediese repatriasie en insluitend die koste van enige vliegkaartjie wanneer hy na Namibië sou vertrek.

Op 7 Januarie verlede jaar is Bassingthwaighte by die Davos Ski-skool in Davos, Switserland, beseer nadat hy binne die grense van die skool geval het terwyl hy aan ’n “goedgekeurde sneeusport”, soos vervat in die kontrak deelgeneem het. Hy het twee beenbreuke, een aan sy linkerenkel en die ander onder sy linkerknie opgedoen en moes dringende mediese behandeling op 8 Januarie in die Spital Davos-hospitaal ondergaan.

Volgens Bassingthwaighte het hy ’n eis met alle ondersteunende dokumente op 24 Februarie by Hollard ingedien. Op 24 Mei het Hollard egter laat weet dat die eis verwerp is. Ten spyte van die insette van sy regsverteenwoordiger en geskrewe voorleggings het Hollard op 18 November herhaal die eis gaan steeds nie uitbetaal word nie.

Bassingthwaighte eis nou meer as N$294 000 van Hollard Insurance wat volgens hom verantwoordelikheid hiervoor moes aanvaar het en dit ten minste teen 30 April verlede jaar moes uitbetaal het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!