Man vas vir 'onwettige jag'

Redaksie
Nuusredaksie – ’n Man het die afgelope naweek sy rieme styf geloop nadat hy glo met meer as 180 wildvelle betrap is.

Gerhardus Petrus van Zyl (50) is in hegtenis geneem en van onwettige jag van jagbare wild aangekla. Hy het na bewering 23 koedoe-, 17 eland-, nege hartebees- en 139 gemsbokvelle in sy besit gehad.

Van Zyl het na bewering beplan om die velle aan ’n bekende leerlooiery en plaaslike leervervaardiger te verkoop.

’n Strafsaak is op Gobabis teen Van Zyl geopen en nadat hy na bewering versuim het om homself aan die polisie oor te gee, is ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik. Hy is Sondag in Windhoek in hegtenis geneem.

Van Zyl het gister in die landdroshof in Katutura verskyn en is borgtog geweier. Sy saak is tot 22 Oktober uitgestel.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 0 Leganés European Championships Qualifying: Hull City 0 vs 2 Sheffield United English Championship: Hull City 0 vs 2 Sheffield United Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 22° | 39° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 19° | 36° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 23° | 34° Otjiwarongo: 19° | 32° Omaruru: 16° | 33° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 13° | 30° Henties Bay: 11° | 15° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:14, High tide: 05:25, Low Tide: 23:45, High tide: 17:42 Swakopmund: 11° | 14° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:23, Low Tide: 23:43, High tide: 17:40 Walvis Bay: 11° | 19° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:12, High tide: 05:22, Low Tide: 23:43, High tide: 17:39 Rehoboth: 11° | 30° Mariental: 9° | 26° Keetmanshoop: 7° | 24° Aranos: 9° | 27° Lüderitz: 9° | 22° Ariamsvlei: 7° | 23° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 21° | 36° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 11° | 26° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 12° | 18° Durban: 17° | 20° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 23° | 34° Harare: 19° | 31° #N/A #N/A