Mans-beskuldigde pleit in Oktober

Vry op borgtog
Die beskuldigde wat tereg staan op strafbare manslag in verband met die dood van Gerhard Mans senior sal na verwagting in Oktober pleit.
Iréne-Mari van der Walt
Die verhoor van Jafet Paulus in verband met die noodlottige ongeluk wat die voormalige Namibiese rugbykaptein en fietsryer Gerhard Mans senior se lewe geëis het, sal op 24 Oktober vanjaar hervat.

Paulus (32) sal na verwagting op daardie dag sy pleit op die klagte teen hom lewer en bly tot dan vry op borgtog.

Borgtog van N$3 000 is op 11 Mei verlede jaar tydens die beskuldigde se tweede verskyning in die Katutura landdroshof toegestaan nadat hy sewe dae in aanhouding was.

Die 60-jarige Mans is op Sondagoggend 4 Mei verlede jaar op slag dood in ’n botsing op die B1-hoofweg naby die Elisenheim-afdraai toe hy op sy fiets deur ’n wit BMW-voertuig sonder registrasiemerke getref is.

Die bestuurder Paulus is op die toneel in hegtenis geneem en is van strafbare manslag aangekla. Die saak is tevore vir verdere ondersoek en die afhandeling van verslae en toetsuitslae uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!