Mans-saak uitgegooi

Familie bring siviele eis teen motorbestuurder
Die strafsaak teen Jafet Paulus in verband met die dood van die fietsryer Gerhard Mans sr. is gister van die hofrol geskrap.
Iréne-Mari van der Walt
“Ons het net gehoop op ’n regverdige verhoor, al het hy met ’n boete weggestap, ons wou net hê geregtigheid moet geskied.”

So het Sarie Mans, die weduwee van die oudrugbykaptein en bekende fietsryer, Gerhard Mans sr., gister gesê nadat die verhoor van Jafet Paulus, wat na bewering haar man doodgery het, van die Katutura-landdroshof se rol geskrap is.

Mans is in Mei 2022 dood in ’n ongeluk op die westelike verbypad waar hy en sy seun Gerhard jr. fietsgery het. Volgens die aanvanklike inligting oor die ongelukstoneel het Paulus Mans glo met sy BMW-sedanvoertuig getref.

Die staat het aangevoer Paulus was op sy selfoon terwyl hy bestuur het.

“Dit was nie vir ons ’n ongeluk nie,” sê Sarie, wat verduidelik haar familie voel die staat het hulle in die steek gelaat.

“Daar was net niks van die staat se kant af nie.

“Iemand is van hul lewe ontneem, jy moet dit darem aan jou bas voel,” het sy gesê.

“Hierdie is nie die enigste geval waar die staat mense so in die steek laat nie en dit is seker ook hoekom mense so sloer, want hulle weet hulle kan daarmee wegkom,” het Sarie bygevoeg.

Die Mans-familie se regsverteenwoordiger, Francois Erasmus, verduidelik dat die saak geskrap is weens die feit dat die klerk wat vir die aanklaer ingestaan het nie aan landdros Wilka Amalwa kon bewys dat enige getuies gedagvaar is om te getuig nie.

Dit ondanks die feit dat die verhoor in Oktober verlede jaar met byna ’n jaar uitgestel is.

“Watter regverdige rede kan jy gee dat jy na ’n jaar nie die getuies gesubpoena het nie?

“Hulle het die getuies se adresse, dit is ’n eenvoudige proses – dit is ’n dokument. Een van die getuies wat die ongeluk gesien het se adres en selfoonnommer is daar – jy moet hom net bel,” sê Erasmus.

Hy meen daar is nie genoegsame kapasiteit in die staat om voldoende aandag aan alle strafsake te gee nie.

“Dit is ’n baie onbevredigende en ontoereikende proses,” het hy gesê.

Erasmus het bevestig dat Paulus gisteroggend in die landdroshof siviel gedagvaar is vir die verlies wat Sarie na die ongeluk gely het.

“Hy het blykbaar geweier om dit te teken, maar die balju het glo die dokumente by sy voete neergesit en hom ingelig dat hy gedagvaar is,” sê Erasmus.

Hy glo dat hulle weer ’n strafsaak teen Paulus aanhangig sal maak wanneer die staat sy huis in orde het.

“Dit is nie net Sarie Mans nie. Daar is soveel ander mense wat ook deur die stelsel gefaal word,” het Erasmus gesê.

Mans sr. se dood het ’n leemte in sportkringe gelaat waar hy gedurende sy leeftyd aktief betrokke was by fietsry en rugby.



‘BAIE HARTSEER’

Ingrid van Wyk Scholtz is ook op 15 November 2019 tragies op die westelike verbypad in 'n tref-en-trap-ongeluk dood en voor dit is die Olimpiese fietsryer Michelle Vorster ernstig in ’n ongeluk in April 2019 beseer.

Die verhoor van Paulus Kambata het in September verlede jaar in verband met Van Wyk Scholtz se dood begin.

Mannie Heymans van Mannie's Bike Mecca het die gebeure rondom Mans se verhoor as “baie hartseer” beskryf.

“Vir my is dit nie maklik nie. Ek verstaan nie die wet nie en ek verstaan nie hoe so iets kan gebeur nie,” het hy gesê.

“Dit voel asof ons [fietsryers] nêrens meer toegelaat word nie, wat nie waar is nie. . . Motoriste dink nie daar is plek vir fietsryers op ons paaie nie en as hulle sien dat niks gaan gebeur nie, dan sal hulle hul nie meer bekommer oor die lewens van fietsryers nie,” het Heymans gesê.

Hy waarsku dat fietsryers veiligheid in gedagte moet hou.

“Daar is gevalle waar fietsryers verkeerd is. Ingrid was nie verkeerd nie en Gerhard was nie verkeerd nie, maar fietsryers moet onthou dat hulle kwesbaar is, en dit maak nie saak of jy reg of verkeerd was wanneer iets met jou gebeur nie,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70% Sport results: LaLiga: Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.38 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.2 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.47 | USD to ZMW 26.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1813.42 Down -0.03% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14088.04 Up +0.64% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30342.46 Up +0.61% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 582.37/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.31/lb UP +1.51% | Zinc US$ 2 941.80/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 74.64/BBP UP +2.25% | Platinum US$ 984.03/OZ UP +1.70%