Een van die beskuldigdes, Hein van der Wath. Foto Facebook
Een van die beskuldigdes, Hein van der Wath. Foto Facebook

Mans vas ná ‘aanranding’

Saak uitgestel tot 17 Junie
Twee van die drie mans het glo daarin geslaag om te vlug, maar die oorledene kon na bewering weens sy gestremdheid nie so vinnig wegkom nie.
Kristien Kruger
Twee mans is verlede week in hegtenis geneem en het in die landdroshof op Maltahöhe verskyn op klagte van moord nadat hulle na bewering ’n gestremde man ernstig aangerand en in die veld gelos het. Hy is daarna dood verklaar.

Henry Vermeulen (51) en Hein Franco van der Wath (25) is Dinsdag borgtog geweier en sal in aanhouding bly tot hul volgende hofverskyning op 17 Junie. Hulle staan tereg op ’n moordklag asook ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.

ְ’n Bykomende klag van crimen injuria is ook gelys, wat betrekking het tot die beweerde opsetlike aantasting van iemand se waardigheid veroorsaak deur die gebruik van onwelvoeglike of rasgebaseerde taal of gebare.

AGTERGROND

Die oorledene, Benedict Swartbooi (30), het na bewering saam met twee van sy familielede met hul perdekar deur plase in die omgewing gery.

Hulle het glo langs die D824-grondpad tussen die plaas Betha en die Duwiseb-kasteel gestop om te rus toe die twee beskuldigdes op hulle afgekom het.

Volgens hoofinspekteur Elifas Kuwinga van die Namibiese polisie, het die twee beskuldigdes na bewering uit hul voertuig geklim en begin om die mans aan te rand. Twee van die mans het glo daarin geslaag om te vlug, maar Swartbooi kon as gevolg van sy gestremdheid nie vinnig genoeg wegkom nie.

Swartbooi het na bewering met krukke geloop omdat een van sy bene langer as die ander een was.

Daar word beweer dat die twee beskuldigdes hom met ’n klip agter sy kop geslaan en hom daar gelos het. Die ander twee mans het later teruggekom en Swartbooi gevind waar hy glo bloeiend gelê het. Polisiebeamptes en ’n verpleegster wat op die toneel was, het hom later dood verklaar.

Die voorval het op 14 Maart plaasgevind en die twee beskuldigdes is kort daarna in hegtenis geneem.

Mediaberigte verwys na die twee beskuldigdes as boere in die omgewing van Maltahöhe. Dit is wel bevestig dat Van der Wath in Helmeringhausen woon en in 2016 gematrikuleer het aan ’n privaat skool in Windhoek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!