Mans-verhoor tot 2024 uitgestel

Iréne-Mari van der Walt
“Ek het my kop daarop gesit om hierdie week afsluiting te kry,” het Gerhard Mans sr. se weduwee, Sarie Mans, teleurgesteld gesê ná die verhoor van Jafet Paulus gister met byna ’n jaar uitgestel is. Paulus staan tereg op ’n klag van strafbare manslag in verband met Mans se dood in Mei verlede jaar.

Tot die verhoor uiteindelik begin sal Paulus steeds vry wees op die borgtog van N$3 000 wat aan hom toegestaan is nadat hy aanvanklik sewe dae in aanhouding moes deurbring. Mans is op 4 Mei 2022 dood in ’n ongeluk op die westelike verbypad toe waar hy met sy seun, Gerhard Mans jr., fietsgery het.

Aanvanklike inligting wat van die ongelukstoneel ontvang is, dui daarop dat Paulus ten tyde die ongeluk op sy selfoon was en na links geswaai het en vir Mans op sy fiets met sy wit BMW-sedanvoertuig getref het. Hy is op die toneel in hegtenis geneem.

“Ons is teleurgesteld. Ons wil graag tot op ’n punt kom, maar die stelsel laat dit nou nie toe nie,” het Sarie gesê.

Sy sê sy en haar familie is vasberade om die proses ter ere van sy nagedagtenis deur te voer.

“Ons wil net hê geregtigheid moet geskied, en ons wil dit nie net los nie, want ons weet hy sou sy uiterste bes doen om geregtigheid te laat seëvier," het sy gesê.

LEGENDE

Mans se dood het ’n leemte in sportkringe gelaat waar hy gedurende sy leefttyd aktief betrokke was by fietsry en rugby.

Mans was die eerste rugbykaptein vir ’n onafhanklike Namibië. Onder sy leiding het Namibië twee toetse teen Ierland en Italië gewen.

Tussen 1990 en sy laaste internasionale verskyning in 1994 het Mans 26 drieë in 27 toetse gedruk – wat as die nasionale rekord tot in 2018 gestaan het toe Chrysander Botha in sy 55ste toetse met twee drieë teen Kenia die totaal eers geëwenaar en toe verbygesteek het.

Ná sy skooldae by Wennie du Plessis op Gobabis het Mans in Bloemfontein gaan studeer en daar ook van 1982 tot 1984 vir die Vrystaat gespeel.

Met die nuus van sy dood het Johan Zaayman, ’n heelwat jonger speler wat Namibië in sy 1999 Wêreldbeker-debuut verteenwoordig destyds gesê: “Gerhard was die rede vir baie van ons om te droom van groot dinge en om soos hy te kon wees. Ek kan dit nie glo nie.”

Ná sy rugbydae het Mans, ’n versekeringsmakelaar by FNB Namibia, ook as ’n fietsryer opgang in die ouer ouderdomsklasse gemaak. Hy het onder meer die Nedbank Desert Dash as ’n soloryer voltooi, ondanks ’n meganiese terugslag in die nagtelike ure wat hom gedwing het om etlike kilometers langs sy fiets te voet af te lê voor hy bystand by die volgende tegniese punt kon kry.

UITGESTEL

Paulus se verhoor is aanvanklik op 22 Julie verlede jaar tot 24 Oktober vanjaar uitgestel en nou weer tot 4 September 2024.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!