Die vermeende pedofiel, mnr. Johann Maree, appelleer die landdroshof se besluit om sy borgtogaansoek van die hand te wys. Foto Argief
Die vermeende pedofiel, mnr. Johann Maree, appelleer die landdroshof se besluit om sy borgtogaansoek van die hand te wys. Foto Argief

Maree appelleer teen borgtoguitspraak

Appèlaansoek in hoërhof gebring
'n Vermeende pedofiel se aansoek om appèl sal op 20 Mei in die hoërhof in Windhoek aangehoor word.
Kristien Kruger
Die vermeende pedofiel, mnr. Johann Maree, wat na bewering tientalle minderjarige seuns van Windhoek verkrag en seksueel misbruik het, se appèl teen die laer hof se besluit om sy formele aansoek om borgtog te weier, sal volgende maand in die hoërhof aangehoor word.

Landdros Celma Amadhila het in Oktober verlede jaar Maree se aansoek om borgtog van die hand gewys.

Die appèlaansoek sal op 20 Mei in die hoërhof in Windhoek voor regter Kobus Miller aangehoor word.

Maree is in aanhouding sedert sy inhegtenisneming in April 2020 nadat sy beweerde pornografiese bedrywighede aan die lig gekom het toe polisiemagte in die buiteland ’n internetspoor begin volg het wat glo na Maree gelei het.

’n Polisiebeampte van Queensland, Australië, mnr. Scott Anderson, het Maree aan ’n IP-adres en handelsnaam gekoppel wat op die donker web gebruik is om foto’s en video’s aan mense te verskaf.

Anderson het vir komm. Nelius Becker, wat in 2019 die hoof van die polisie se afdeling gemoeid met ernstige misdade (CID), hiervan ingelig en hy het ’n ondersoek van stapel gestuur.

KLAGSTAAT

Maree staan tereg op agt klagte van verkragting, agt van onsedelike aanranding, agt wat verband hou met oortredings van die wet op die bekamping van onsedelike praktyke, agt klagte van mensehandel, asook agt klagte onder die wet op kindersorg- en -beskerming.

Die laaste oortredings hou verband met die wyse waarop hy die minderjarige seuns seksueel uitgebuit het om kinderpornografie vir kommersiële doeleindes te vervaardig.

Tydens Maree se formele aansoek om borgtog in die Windhoekse landdroshof het die staat beweer dit sal nie in openbare belang wees om borgtog aan Maree toe te staan nie.

Die staat het in hul betoë verwys na ’n aanlyn petisie teen Maree se vrylating met meer as 1 700 handtekeninge van mense van oraloor die wêreld.

Familielede van die slagoffers het ook buite die landdroshof betoog.

Die staat het verder aangevoer aangesien die kinders steeds in Windhoek woon en die verhouding wat Maree glo met die kinders gehad het en die feit dat hy ’n meestermanupileerder is, sy vrylating hulle in gevaar sal stel. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!