Johann Maree Foto argief
Johann Maree Foto argief

Maree geskik vir verhoor

Iréne-Mari van der Walt
Die vermeende pedofiel Johann Wickus Maree se psigiatriese verslag is gister ná maande se gewag aan die hof voorgelê.

Volgens die verslag is hy geskik om verhoor te word.

Dus sal Maree teregstaan op die 75 klagte teen hom, wat onder meer 24 klagte van verkragting, 18 klagte van kinderhandel, tien klagte van die gebruik van ’n minderjarige om pornografie te vervaardig, die pleeg van onsedelike dade op ’n minderjarige kind en die aanmoediging of toelating dat ’n kind onder die ouderdom van 16 drank inneem.

Hy sal na verwagting op Dinsdag 20 Junie sy eerste verskyning voor waarnemende regter Philanda Christian maak.

Regter Christie Liebenberg het gesê die saak het die regterpresident, Petrus Damaseb, se aandag getrek aangesien die saak sedert 2020 op die hofrol is en nog net tot voorverhoorverrigtinge gevorder het.

Die psigiatriese verslag is eers sowat sewe maande nadat Maree die evaluering ondergaan het, aan die hof voorgelê.

Maree se huidige regsverteenwoordiger, Tuna Nhinda, het aan Liebenberg gesê hy ervaar tans uitdagings om toegang tot hofdokumente te verkry. Dit weens die onverwagse onttrekking van Maree se vorige regsverteenwoordiger, Eva Nangolo.

Liebenberg het aangevoer dit is nie veronderstel om hofverrigtinge te vertraag nie aangesien Nangolo en Nhinda saam aan die saak gewerk het. Beide is van die ministerie van justisie se regshulpafdeling.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!