Die vermeende pedofiel, Johann Maree. Foto Kristien Kruger
Die vermeende pedofiel, Johann Maree. Foto Kristien Kruger

Maree se verhoor ervaar haakplekke

Sal weer aansoek om regshulp doen
Johann Maree se regsverteenwoordiger het Maandag aan die saak onttrek.
Kristien Kruger
Die verhoor van die vermeende pedofiel, Johann Maree, wat Maandag sou begin, sal waarskynlik nie meer vandeesweek voortgaan nie.

Die eerste kwessie wat die verhoor kniehalter, is dié van openbaarmaking. Die staat het glo sy verklarings en fotobewyse aan Maree se vorige regsverteenwoordiger, Eva Nangolo, verskaf, maar sy nuut aangestelde regshulpprokureur sukkel glo om dit by haar te kry en het daarom nog nie die staat se dokumente onder oë gehad nie.

Maree se huidige verteenwoordiger, Tuna Nhinda, was gevolglik nie gereed om met die verhoor voort te gaan nie.

Dit volg nadat die voorsittende regter Philanda Christiaan tydens ’n vorige hofsitting Nhinda beveel het om kontak met die direktoraat van regshulp te maak en die kwessie op te los sodat die verhoor kan begin. Sy het Maandag haar ontevredenheid oor die vertraging uitgespreek.

“Jy het ’n verantwoordelikheid gehad om seker te maak dat ons gereed is om vandag voort te gaan,” het sy aan Nhinda gesê.

Nhinda het ook Maandag die hof ingelig dat hy as Maree se regsverteenwoordiger onttrek aangesien Maree glo onverdedigbare instruksies aan hom gee. Maree het aangedui dat hy weer aansoek om regshulp sal doen.

AGTERGROND

Maree staan tereg op 75 klagte wat verband hou met die seksuele misbruik van minderjarige seuns in Windhoek, asook die vervaardiging en verspreiding van pornografie op die donkerweb.

Hy is reeds in April 2020 in hegtenis geneem en is borgtog in die landdroshof in Windhoek geweier. Sy saak is daarna na die hoërhof in Windhoek oorgeplaas waarna Maree versoek het dat hy psigiatries geëvalueer word om te bepaal of hy in staat is om hofverrigtinge te verstaan en aanspreeklik gehou kan word vir die misdade waarvan hy beskuldig word.

Maree het aangevoer dat hy ten tyde van die beweerde misdade aan ’n geestesgebrek gely het, maar twee afsonderlike verslae het bevind hy kan verrigtinge volg en kan aanspreeklik gehou word vir sy dade.

Partye sal vandag weer in die hoërhof in Windhoek verskyn om die kwessies van openbaarmaking en verteenwoordiging te bespreek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!