Maree se verhoor nie oop vir publiek
Die verhoor van die oudreservis en vermeende pedofiel, Johann Maree, sal nie meer vir die publiek oop wees nie.
Regter Philanda Christiaan het gister beslis dat al die getuienisse in camera aangehoor sal word gegewe die sensitiewe inligting wat uit die saak kan voorspruit.
Die staat se getuielys sluit al 15 beweerde slagoffers en van hul voogde in.
Na verwagting sal ’n polisiebeampte van Australië, verskeie Namibiese ondersoekbeamptes, lede van die polisie se eenheid vir geslagsgebaseerde geweld asook die kubermisdaadeenheid, getuies van die Namibiese polisie se Instituut vir Forensiese Wetenskap en ’n beampte van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) onder meer getuig.
Maree het Maandag onskuldig gepleit op al 74 aanklagte teen hom en al die alternatiewe klagte wat verband hou met bewerings dat hy 15 minderjarige seuns seksueel misbruik het en pornografiese materiaal van hulle op die donker web versprei het vir betaling. Hy het volgens die staat se klagstaat meer as N$77 000 ingevorder van nege verskillende individue in vyf oorsese lande. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie