Maree wag nog op evalueringsverslag
Psigiatriese ondersoek nog nie afgehandel
Volgens hofstukke wat tydens die voorverhoorverrigtinge by die hof ingehandig is, is Johann Maree glo van plan om onskuldig te pleit op al 75 klagte teen hom.
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy verskeie minderjarige seuns in Windhoek verkrag en vir pornografiese doeleindes misbruik het, wag steeds op die verslag vir sy psigiatriese evaluering wat sal bepaal of hy aanspreeklik vir sy dade gehou kan word.
Johann Maree het op 22 September verlede jaar, by monde van sy regsverteenwoordiger Eva Nangolo, dié evaluering versoek omdat hy glo ten tyde van die beweerde misdade aan ’n geestesgebrek gely het en niks kan onthou in verband met die klagte wat die staat teen hom gebring het nie.
Volgens Nangolo het ’n staatspsigiater reeds vir Maree geëvalueer, maar die verslag is nog nie voltooi nie.
“Hy wag nou om deur ’n privaat psigiater geëvalueer te word, maar daar is steeds geen aanduiding wanneer die privaat psigiater aan boord gaan kom nie,” het sy Maandag aan Republikein gesê.
Maree staan ook tereg op klagte wat verband hou met die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie, wat hy na bewering internasionaal op die donkerweb versprei het.
Die staat beweer dat Maree 15 minderjarige seuns seksueel misbruik het. Dertien van die seuns is glo verkrag of onsedelik aangerand en tien seuns is na bewering gebruik om pornografiese materiaal te vervaardig.
Die onwettige aktiwiteite het volgens die staat reeds in 2014 begin.
KLAGSTAAT
Volgens hofstukke wat tydens die voorverhoorverrigtinge by die hof ingehandig is, is Maree glo van plan om onskuldig te pleit op al 75 klagte waarop hy teregstaan.
Die 75 klagte sluit in 24 klagte van verkragting, tien klagte wat verband hou met die gebruik van ’n minderjarige om pornografie te vervaardig, 18 klagte van kinderhandel, vyf klagte vir die pleeg van onsedelike dade met ’n kind onder die ouderdom van 16 en 13 klagte vir die toelating of aanmoediging vir kinders onder 16 drank om alkohol te drink.
Die voormalige polisiereservis is in April 2020 in hegtenis geneem nadat ’n man in Nederland vasgetrek is met pornografie in sy besit. Internasionale owerhede kon die beeldmateriaal aan Maree verbind en het die plaaslike owerhede in kennis gestel.
Ná sy inhegtenisname het Maree in die Windhoekse landdroshof aansoek om borgtog gedoen wat van die hand gewys is. Sy appèl teen dié uitspraak – wat in die hoërhof aangehoor is – het ook misluk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie