Marén de Klerk kan nie via videoverbinding getuig
Verklaar ’korrupte ooreenkomste’ nietig, sê Fishcor
Die aansoek vir een van die Fishrot-beskuldigdes, mnr. Marén de Klerk, om via ’n videoverbinding in ’n hofsaak te getuig, is Vrydag in die hoërhof in Windhoek van die hand gewys.
Regter Orben Sibeya het in sy uitspraak gesê die applikante kon nie daarin slaag om die hof te oortuig dat dit in die belang van regspleging sal wees as De Klerk via videoverbinding in die verhoor getuig nie.
“Die applikante het ook nie daarin geslaag om ’n goeie rede te verskaf waarom De Klerk nie in persoon in die hof kan getuig nie,” lui sy uitspraak.
Die National Fishing Corporation of Namibia (Fishcor) het ’n aansoek by die hoërhof in Windhoek gebring waarin dié vismaatskappy versoek dat verskeie ooreenkomste nietig verklaar moet word wat tussen die voormalige minister van visserye en mariene hulpbronne, mnr. Bernard Esau, en die voormalige uitvoerende hoof en voorsitter van Fishcor, mnre. Mike Nghipunya en James Hatuikulipi, aangegaan is.
Dit sluit ook ooreenkomste in wat tussen Fishcor en African Selection Fishing (ASF) bereik is, asook tussen Fishcor en Seaflower. Die laasgenoemde kontrakte het Nghipunya, verteenwoordiger van Fishcor, en mnr. Adriaan Jakobus Louw onderteken.
Esau, Nghipunya en Hatuikulipi is tans beskuldigdes in die Fishrot-bedrogsaak.
Fishcor voer aan die ooreenkomste is in ’n korrupte omgewing aangegaan en eis dat die hof dit nietig moet verklaar en gevolglik moet kanselleer.
OOREENKOMSTE
Dit sluit in ooreenkomste waar Fishcor ’n minderheidsaandeel in Seaflower Pelagic Processing verkry het, asook ’n ooreenkoms waar Seaflower baat by ’n makrielkwota van 50 000 ton per jaar van Fishcor tot einde 2033, indien die hof die ooreenkoms toelaat.
Hofstukke wat Fishcor se regsverteenwoordiger, me. Anne-Doris Kaumbi, geliasseer het, steun op ’n vorige uitspraak wat regter Hosea Angula gelewer het.
Angula het in 2020 beslis die ooreenkoms wat Fishcor met Seaflower aangegaan het, nie gepas is vir ’n stelsel waarin die land se wette streng toegepas word nie.
“Fishcor se verbintenis om 50 000 ton per jaar vir 15 jaar beskikbaar te stel, sou slegs in ’n korrupte omgewing moontlik wees en sou nie lewensvatbaar wees onder ’n regime waar wette streng nagekom word nie, veral met die bepalings van die wet op mariene hulpbronne,” het Angula in September 2020 beslis.
MARÉN WOU GETUIG
De Klerk beweer in ’n beëdigde verklaring wat by die hof ingedien is, dat hy ’n noodsaaklike rol in die opstel van die betrokke ooreenkomste gespeel het.
Hy het glo deel gevorm van ontmoetings tussen die Fishrot-beskuldigdes en lede van Seaflower se topbestuur.
“Ek het die indruk gekry dat Louw (Seaflower se raadsvoorsitter) een of ander geheime ooreenkoms met Esau en Shanghala aangegaan het om te verseker dat hy die kontrakte sou kry.
“Dit wou voorkom of die hele bedrogspul uit die samewerking tussen Shanghala en Esau namens die regering, Hatuikulipi en Nghipunya namens Fishcor, en Louw en [mnr. Johannes] Breed (finansiële hoof van Seaflower en ASF) ontstaan het.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie