Foto Pexels/Sora Shimazaki
Foto Pexels/Sora Shimazaki

Mbok-saak: Net drie staatsgetuies gevind

Die staat se pogings om staatsgetuies 'n bedrogsaak op te spoor, het min opgelewer.
Iréne-Mari van der Walt
Pogings om 16 staatsgetuies op te spoor om in ’n bedrogsaak te getuig, het grootliks geen vrugte afgewerp nie.

Net drie uit die 16 getuies kon gevind word.

So het staatsaanklaer Taodago Gaweseb Maandag aan regter Nate Ndauendapo gesê.

Die bedrogsaak teen Antonie (Tony) Mbok en Daniel Nghiwilepo sloer reeds meer as ’n dekade.

Mbok en sy medebeskuldigdes – waaronder Mbok se maatskappy – staan tereg op 10 klagte van bedrog wat verband hou met tjeks, met ’n gesamentlike waarde van sowat N$3,9 miljoen, wat die beskuldigdes glo onderskep het.

Die staat beweer die tjeks wat in die rekening van Mbok se maatskappy betaal is, was vir die ministerie van finansies bestem.

Nog ’n beskuldigde, Veronica Thomas, het reeds in 2010 – met die aanvang van die verhoor – skuldig gepleit op vyf klagte van bedrog en is effektief tot 8 jaar tronkstraf gevonnis.

Gaweseb het Maandag twee getuies geroep wat getuig het dat hulle twee tjeks by die ministerie van finansies ingedien het. Hy het na dié getuienisse verduidelik dat slegs nog een getuie opgespoor kon word, en dat dié getuie eers vandag sal kan getuig.

Mbok en Nghiwilepo se regsverteenwoordigers, Boris Isaacks en Silas Kishi-Shakumu, het nie beswaar gemaak teen die aansoek om uitstel nie. Hulle het egter die belang van die oorblywende 13 getuies bevraagteken.

Kishi-Shakumu het gesê hy wil die belang van die oorblywende getuies met Gaweseb bespreek om die waarde van hul bydraes te bepaal.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!