Mbumba het ‘sy magte oorskry’
Die hooggeregshof in Windhoek het Maandag begin om argumente aan te hoor in die dispuut wat deur dr. Panduleni Itula (Independent Patriots for Change) en Bernadus Swartbooi (Landless People’s Movement) gebring is oor die wetlikheid van president Nangolo Mbumba se besluit om die presidensiële verkiesing te verleng.
Die uitspraak sal glo binne die volgende 14 dae gelewer word.
Die opposisieleiers voer aan die president het onwettig opgetree en sy magte oorskry deur die stemtydperk te verleng nadat die stembusse reeds gesluit het. Die verlengde stemproses is slegs by uitgesoekte stemlokale in die Oshikoto-, Oshana-, Khomas- en Kunenestreek toegelaat.
MBUMBA
Adv. Raymond Heathcote wat Mbumba verteenwoordig het, het Maandag die opposisie se bewerings verwerp en gesê dit bly ongegrond.
Heathcote het beklemtoon bewerings van ongerymdhede, soos dat “Angolese kiesers met busse aangery is”, is gebaseer op gerugte op sosiale media en daar is ’n gebrek aan konkrete bewyse voor die hof.
Hy het ook gewys op die gebrek aan bewyse rakende die IPC se bewerings dat 100 000 Namibiërs van hul stemreg ontneem is.
“Itula het na die media gegaan en ongestaafde stellings gemaak en ’n beroep op mense gedoen om dokumente en bewyse voor te lê.
“Want sodra die skrif aan die muur is, en elke agent in die veld stuur die uitslae teen die muur deur, doen jy vinnig jou berekeninge en sê: ‘O, ek het weer misluk. Kom ons begin maar kla en soek redes om uit te daag, en kom ons voer die nasie met valse feite’.
“En dit is wat altyd gebeur. Julle moet met feite kom. Stop die gerugmakers. As julle geldige klagtes het, dan kom julle na my toe,” het Heathcote gesê.
LPM
Adv. Kameel Premhid, wat die LPM verteenwoordig, het aangevoer die verlenging het die verkiesingswet oortree.
“Die respondente het onregmatig opgetree deur die verkiesing te verleng nadat die stemtydperk reeds geëindig het,” het hy gesê.
Premhid het sy argument op wetlike presedente gebaseer wat bepaal staatsamptenare moet binne wetlik gedefinieerde magte optree en dat optrede wat nie ’n regsgrondslag het nie, ongeldig is.
“Die verkiesingswet gee nie die president die mag om onder die gepaste omstandighede te verleng nie. Dit is of die voorsittende beamptes (presiding officers), wat jy sal weet, die voorsittende beamptes het die mag om die stemmery te verleng vir enigeen wat in die ry staan wanneer die afsnytyd bereik is.
“Die president is nie ’n voorsittende beampte nie. As ons aanvaar daar was hierdie mag van verlenging, kan hy nie daarop staatmaak nie,” het hy aangevoer.
Premhid het beklemtoon die saak is gefokus op die wettigheid van die verlenging van die verkiesing en die LPM en IPC staan daarby indien die verlenging nie deur die wet gemagtig is nie, dit outomaties ongeldig is.
“Die kerneis is dat die wet die verlenging van die verkiesing uitdruklik moet magtig. As die wet nie sodanige bevoegdheid verleen nie, dan is die verlenging onregmatig, en die hof moet dit ongeldig verklaar.
“Die argument dui daarop dat die regspresedent die hoërhof se rol in die handhawing van grondwetlike voldoening ondersteun deur te verseker dat openbare amptenare nie buite hul wetlike mandaat optree nie,” het hy gesê.
IPC
Intussen het adjunkhoofregter Petrus Damaseb Maandag vir Anton Katz, wat Itula verteenwoordig, gevra waarom hy die hele verkiesing ongeldig wil laat verklaar in plaas daarvan om ’n selfhersiening te soek, terwyl hooggeregshofregter Sylvester Mainga kommer uitgespreek het oor die gebrek aan duidelike argumente en ondersteunende bewyse in Itula se saak om enige wangedrag te ondersteun.
Katz het namens Itula gesê Mbumba het nie die mag gehad om die verkiesing te verleng nie en dat slegs die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) daardie gesag het.
Katz het volgehou die regsgrondslag vir die uitdaging regverdig ’n volle nietigverklaring van die verkiesing.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie