Mbunza-koninklikes eis hoofman se uittrede
Hof verwys partye na bemiddeling
Die koninklikes eis dat hoofman Alfons Kaundu, wat vanaf 2001 die Mbunza Tradiosionele Owerheid se hoofman is, alle pligte moet staak en dat die minister die president van sy uittrede in kennis moet stel.
In ’n hofsaak waar 58 lede van die koninklike familie van die Mbunza Tradisionele Owerheid eis dat hoofman Alfons Kaundu uit sy amp verwyder word, het die hoërhof in Windhoek die saak weer na bemiddeling verwys.
Die koninklike familie het die saak teen die minister van landelike en stedelike ontwikkeling, die president en die regering aanhangig gemaak.
Hulle eis dat Kaundu, wat vanaf 2001 dié owerheid se hoofman is, alle pligte moet staak en dat die minister die president van sy uittrede in kennis moet stel sodat dit in die Staatskoerant gepubliseer kan word, soos vereis deur afdeling 8(4) van die Wet op Tradisionele Owerhede.
“Ten spyte van verskeie eise, het die minister geweier of nagelaat om die president in kennis te stel van die verwydering van Kaundu as hoofman,” lui die koninklike familie se eise wat hul regsverteenwoordiger reeds op 27 Maart 2020 by die hof ingedien het.
Hulle beweer die koninklike familie het die mag om hoofmanne aan te stel en te verwyder en dat Kaundu verkeerdelik aangestel is, aangesien hy nie ’n lid van die koninklike familie is nie en hulle hom glo nie aangewys het nie.
Die minister ontken beide bewerings in hul pleitstukke en beweer die koninklike familie mag nie uit hul eie ’n hoofman verwyder nie.
“Lede van die tradisionele gemeenskap word deur gewoontereg gemagtig om 'n hoofman uit die koninklike familie aan te wys. Die wet gee lede van die tradisionele gemeenskap – nie die koninklike familie nie – die reg om 'n hoof uit sy amp te verwyder indien daar voldoende rede is om sodanige verwydering te regverdig en indien dit binne die bepalings van die gewoontereg gedoen word.”
Die minister gaan verder en sê ’n ondersoek wat die ministerie in 2014 voltooi het, het bevind Kaundu is wel 'n afstammeling van die koninklike bloedlyn.
Die minister beweer ook in pleitstukke dat die koninklike familie vir Kaundu genomineer het.
Volgens hulle het die koninklike familie ná die afsterwe van die vorige hoofman, wyle Frans Murongo Haingura, in 2001 vyf mense vir hoofman genomineer, wat Kaundu ingesluit het.
Die tradisionele gemeenskap kon glo stem en Kaundu het die verkiesing gewen.
Volgens die ministerie is dit ook die verantwoordelikheid van die ouderlinge, tradisionele raadslede of die huidige hoofman om ’n opvolger te kies.
“Ingevolge die Mbunza Tradisionele Owerheid se gewoontereg stel die posbekleër iemand aan om hom op te volg en is in gesprek met tradisionele raadslede om sy besluit te bevestig; of die ouderlinge kies iemand; of die ouderlinge en tradisionele raadslede kom saam om 'n kandidaat te nomineer,” lui die minister se pleitstukke.
Die hoërhof in Windhoek het partye na hofgefasiliteerde bemiddeling verwys.
Die eerste bemiddeling sou op 29 April 2021 plaasgevind het, maar is gekanselleer. Die tweede bemiddeling het op 4 Junie 2021 plaasgevind, maar dit was onsuksesvol aangesien partye nie tot ’n vergelyk kon kom nie.
Regter Eileen Rakow het die saak weer eens na bemiddeling op 24 Mei verwys.
Indien bemiddeling onsuksesvol is, sal die saak in die hoërhof in Windhoek verhoor word. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie