FOTO ARGIEF
FOTO ARGIEF

Meisie sterf ná mangeloperasie

Erge bloeding
'n Jong meisie het erge bloeding in die dae ná die operasie ervaar.
Henriette Lamprecht
’n Ouerpaar eis bykans twee miljoen van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, nadat hul dogter vier dae ná ’n mangeloperasie in die Khorixas-staatshospitaal dood is.

Me. Thewelensia /Naris, verbonde aan die ministerie van sport, jeug en nasionale diens op Khorixas en mnr. Stanley Gowaseb, ’n drywer vir die Kunene-streeksraad op Opuwo, is die biologiese ouers van Theonistar /Naris wat op die ouderdom van 11 in die staatshospitaal op Khorixas dood is.

Theonistar is op 9 April deur ’n spesialis gesien omdat sy gereeld mangelontsteking gehad het. ’n Besluit is geneem om die volgende dag haar mangels uit te haal. Volgens hofstukke was daar geen tekens of klagtes van enige ander chroniese siekte, bloeding of medikasie tydens haar opname nie.

Na afloop van die mangeloperasie en tydens haar verblyf in die pediatriese saal, het Theonistar begin om uit haar mond te bloei. Op dieselfde dag is sy terug teater toe geneem om die oorsaak van die bloeding vas te stel. Die prosedure het volgens hofstukke egter geen aktiewe bloeding gevind nie.

Theonistar is die volgende dag ontslaan, maar is op 13 April weer opgeneem, nadat sy bloed opgebring en haar liggaam verswak was. Sedert haar mangeloperasie kon sy ook nie eet nie. Sy is vir waarneming opgeneem en drie ure later het sy weer bloed opgebring. Weer is sy na die teater geneem waar aktiewe bloeding onder narkose nie opgemerk is nie.

Sy het ’n bloedoortapping van twee liter bloed ontvang en is na die saal in ’n stabiele toestand geneem. Die volgende dag, terwyl Theonistar buite die saal geloop het, het sy skielik massiewe bloeding uit haar mond ervaar, inmekaar gesak en ten spyte van pogings om haar by te bring, gesterf.

Die oorsaak van haar dood was versmoring weens broncho-aspirasie van bloed en hipovolemiese skok as gevolg van post-tonsillektomie bloeding.

Volgens hofstukke sukkel die ouerpaar om hul dogter se dood te verwerk wat hul erg getraumatiseer gelaat het.

’n Versoek vir hul dogter se mediese rekords oor haar behandeling en sorg in die hospitaal, het volgens hulle tot op hede ook dadels van gekom. Die ouerpaar eis N$1,9 miljoen in skadevergoeding van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!