Menzies bereik nog ’n doodloopstraat
’n Deurlopende regsproses
Menzies se appèlaansoek is op 8 April aangehoor en is van die hand gewys in 'n uitspraak wat Dinsdag gelewer is.
Nuusredaksie – Menzies Aviation Namibia se jaar lange stryd teen die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) en Paragon Investments Holdings het nog ’n doodloopstraat bereik toe die hooggeregshof sy mees onlangse poging om die grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako te hervat, verwerp het.
NAC het verlede jaar daarin geslaag om ’n uitsettingsbevel van die hoërhof te kry wat beveel het dat Menzies die lughawe moet ontruim. Die grondhanteringsdienste is aan Paragon toegeken en Menzies is tydens die tenderproses gediskwalifiseer.
Die hof het bevind Menzies se kontrak vir die verskaffing van grondhanteringsdienste het verval en dat hy geen reg gehad het om die lughawe te beset nie.
Nà verskeie vertragings en hofverrigtinge het Paragon die grondhanteringsdienste in Augustus 2023 oorgeneem.
APPELLEER
Menzies het die hooggeregshof genader met ’n appèlaansoek in ’n poging om ’n uitspraak van die hoërhof om te keer waarin die maatskappy ’n tydelike interdik aangevra het wat hom toelaat om by die lughawe te werk totdat die regsproses afgehandel is.
Die appèlaansoek is op 8 April aangehoor en is van die hand gewys in ’n uitspraak wat Dinsdag deur regters Sylvestor Mainga, Elton Hoff en waarnemende regter Theo Frank gelewer is.
Die deurlopende regsproses sluit ’n hersieningsaansoek in wat deur Menzies gebring is waarin hulle die tenderproses en die toekenning daarvan aan Paragon betwis.
“Vir Menzies om te beweer dat onreëlmatighede in die toekenning van die tender aan Paragon voorgekom het, gee die maatskappy nie op sigself die reg op die verligting wat gevra word nie.
“Menzies moet verder gaan en prima facie vasstel dat die tender toegeken sou word indien dit billik en vry van die beweerde onreëlmatighede uitgevoer is. Dit kon Menzies nie doen nie.
“Dit volg dus dat die aansoek korrek [deur die hoërhof] geweier is. Die appèl word met koste van die hand gewys.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie