Menzies bly aan by lughawe
Menzies Aviation Namibia se regsverteenwoordigers het gister ’n aansoek om appèl ingedien teen die hoërhof se uitspraak van 29 Junie. Dié uitspraak vereis dat die maatskappy alle grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako op 30 Junie moes staak sodat die nuutaangestelde maatskappy, Paragon Investment Holdings, vandag die leisels kon oorneem.
Die woordvoerder van die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC), mnr. Dan Kamati, het vanoggend bevestig dat Menzies nie die perseel ontruim het nie en sal aanhou om dienste te lewer tot verdere kennisgewing.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie