Menzies wen 30 dae by HKIA
Hof lewer uitspraak
Die hoërhof het gister beslis dat Menzies wel ingevolge 'n nuwe ooreenkoms dienste by die lughawe kan lewer, hoewel die NAC dié ooreenkoms met 30 dae se kennisgewing kan beëindig.
Die hoërhof in Windhoek het gister beslis dat die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC) vir Menzies Aviation Namibia minstens 30 dae kennis moet gee voordat hulle die verskaffing van grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) moet staak en die perseel moet ontruim.
Dit volg nadat die hooggeregshof op 9 Junie vanjaar Menzies se appèlaansoek van die hand gewys en beslis het dat hy geen reg het om op die lughaweperseel aan te bly nie.
Op dieselfde dag het die NAC vir Menzies opdrag gegee om voor 13 Junie die perseel te ontruim. Menzies het aangevoer dat dié kennisgewingtydperk nie voldoende was nie.
Hoewel die NAC tydens die verhoor aangevoer het dat dit net ’n poging was vir Menzies om by die lughawe aan te bly en die oorgang na ’n nuwe diensverskaffer te vertraag, het regter Shafimana Ueitele in sy uitspraak met Menzies se bewering saamgestem en beslis dat die kort kennisgewingtydperk onredelik was.
“Ongeag die NAC se bewerings, is die feit wat oorweeg moet word of die vier dae se kennisgewing redelik was. Ek bevind dit was nie en is daarom ongeldig,” lui die uitspraak.
Ueitele het wel ook daarop gewys dat, sodra die NAC vir Menzies redelike kennisgewing gee dat hul ooreenkoms beëindig word, “Menzies nie meer die reg sal hê om by die HKIA aan te bly of grondhanteringsdienste te verskaf nie”.
PARAGON
Die hersieningsaansoek waarin Menzies die tenderproses – waarin die NAC hulle gediskwalifiseer en die tender aan Paragon Investment Holdings toegeken het – uitdaag, is steeds hangend in die hoërhof.
Menzies het wel in die huidige aansoek die hof versoek om die sertifikate wat Paragon se personeel en toerusting as geskik verklaar vir die uitvoering van die tender, tersyde te stel. Dié aansoek is van die hand gewys.
“Die basis vir hierdie versoek is nie vasgestel nie en ek sal dit nie duld nie,” het Ueitele gesê.
“Die beweerde onregmatige toekenning van die tender aan Paragon is irrelevant in die oorweging van wat die NAC se verpligting teenoor Menzies is ingevolge sy onderneming op 30 Junie 2022.”
NUWE OOREENKOMS
Menzies het die hof verder versoek om die hofbevel, wat die hoërhof op 29 Junie 2022 gelewer het, tydelik op te skort.
Dié hofbevel is gelewer nadat die NAC op 27 Mei 2022 ’n dringende aansoek aanhangig gemaak het om Menzies van die lughawe se perseel te ontruim omdat hul kontrak op 30 Junie 2022 sou verstryk en Paragon die dienste moes oorneem. Die aansoek was suksesvol en regter Orben Sibeya het op 29 Junie 2022 beveel dat Menzies die perseel moet ontruim. Menzies het teen die uitspraak geappelleer, maar sy appèl het misluk.
Die NAC het wel op 30 Junie ’n kennisgewing aan sy belangegroepe gestuur om hulle in te lig dat Menzies tot verdere kennisgewing sal aanbly om die dienste te verskaf. Menzies voer aan dat dit ingevolge hierdie nuwe ooreenkoms die grondhanteringsdienste behartig.
“Menzies lewer nie die grondhanteringsdienste ingevolge die ooreenkoms wat volgens regter Sibeya se bevinding op 30 Junie 2022 verstryk het nie, maar lewer dienste ingevolge die kennisgewing van 30 Junie 2022 wat die NAC aan sy belangegroepe gestuur het.
“Die gevolg is dat die NAC nie vir Menzies kan verwyder op grond van die kontrak wat op 30 Junie 2022 beëindig is nie en ek kan nie ’n opskorting van die uitvoering van die hofbevel van 29 Junie 2022 beveel nie,” het Ueitele beslis.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie