Möller-moord: Getuies word nie weer geroep
Verdediging gaan voort met saak
Die hof het 'n aansoek dat staatsgetuies weer geroep moet word vir kruisondervraging, van die hand gewys.
In die saak waarin vyf mans teregstaan op die moord van die Walvisbaaise sakeman, Hans-Jorg Möller, het die hoërhof in Windhoek vandeesweek een van die beskuldigdes se aansoek dat drie staatsgetuies weer vir kruisondervraging geroep moet word, van die hand gewys.
Gotlieb Panduleni en sy regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomuinji, het versoek dat ’n inspekteur en twee adjudant-beamptes weer die getuienisbank moet inneem om glo ’n paar onsekerhede uit die weg te ruim.
Die twee beamptes het Panduleni by ’n padblokkade in hegtenis geneem nadat hul na bewering die moordwapen en van Möller se besittings in sy besit gevind het.
Die staat het die aansoek teengestaan en gesê daar is nie voldoende rede om die getuies weer te roep nie. Volgens die staatsaanklaer, Basson Lilungwe, het Panduleni se voormalige verteenwoordiger, Tjingairi Kaurivi, die drie getuies breedvoerig gekruisondervra.
Regter Dinnah Usiku het Woensdag die aansoek van die hand gewys en die verdediging het Woensdag, Donderdag en Vrydag met hul saak voortgegaan.
IN HUIS GESKIET
Panduleni en sy medebeskuldigdes – David Tashiya, David Shekudja, Elly Ndapuka Hinaivali en Malakia Shiweda – het na bewering in die vroeë oggendure op 17 Junie 2016 by Möller se huis ingebreek en hom geskiet toe hy gepoog het om sy vrou en kinders te beskerm.
Hulle het daarna die huis deursoek, waardevolle items gesteel en op die vlug geslaan. Möller het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie