Möller-saak: Uitspraak binnekort verwag
Die vyf mans wat na bewering ’n bekende sakeman van Walvisbaai en sy gesin in 2016 aangeval het, sal op 8 Julie hul lot hoor wanneer regter Dinah Uusiku uitspraak sal lewer.
Die mans, David Tashiya, David Shekudja, Elly Ndapuka Hinaivali, Malakia Shiweda en Panduleni Gotlieb, word daarvan beskuldig dat hulle op 17 Junie 2016 by die Möller-gesin se huis ingebreek en Hans-Jorg Möller en sy vrou, Carol-Ann, aangerand het.
Gotlieb het na bewering Hans-Jorg geskiet en hy is die volgende dag in ’n hospitaal in Swakopmund aan sy beserings dood.
Carol-Ann het glo na die kinders se slaapkamer gehardloop om die deur toe te hou toe sy hoor die inbrekers het die voordeur oopgebreek. Shekudja het haar na bewering aangerand en haar neus asook verskeie van haar tande gebreek toe hy haar glo in die gesig geslaan het.
Tashiya het haar glo ook aangerand en sy het na bewering breinskade opgedoen. Hans-Jorg het haar glo te hulp gesnel en het die mans met ’n houtstoel bygedam. Carol-Ann het in die hof getuig sy het ’n skoot gehoor en gesien hoe haar man op die grond neersak.
Die egpaar is volgens haar getuienis na die kantoor geneem waar sy gedwing is om twee kluise oop te sluit. Hulle is beide glo daar vasgebind. Sy het getuig dat sy later kon loskom en hulp ontbied.
Panduleni is later in hegtenis geneem waar hy op pad was na die Noorde. Die polisie beweer ’n beursie met foto’s van die oorledene se kinders is in sy besit gevind, maar sy regverteenwoordiger, Mbanga Siyomunji, het gister in die hof gesê dat die polisie dit geplant het.
“Daar word fotoplanne van alles gemaak, hoekom is daar nie foto’s van die beursie waar hy gevind is in dié planne nie? Hierdie is baie senior beamptes, hulle sou nie so ’n fout begaan nie,” het hy gesê.
Siyomunji het ook aangevoer daar is geen bewyse dat Panduleni die skieter in die voorval was, soos die staat beweer nie.
“Hoekom is die geweer nie getoets vir vingerafdrukke of DNS nie?”
Die beskuldigdes staan tereg op klagte van moord, poging tot moord, roof en die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie