Moordbeskuldigde hoor lot in November
Slotbetoë vir November geskeduleer
Die verdediging het Maandag hul saak gesluit nadat 'n getuienis nie opgespoor kon word nie.
Die man wat daarvan beskuldig word dat hy in 2019 sy meisie – wat 10 weke swanger was – met ’n mes doodgesteek het, se verhoor nader sy einde met slotbetoë wat vir 24 November geskeduleer is.
Abraham Maasdorp se regsverteenwoordiger, Mbanga Siyomuinji, het Maandag regter Dinnah Usiku ingelig dat hul laaste getuie nie meer sal getuig nie en hulle daarom hul saak afsluit.
Siyomuinji het gesê hulle kon nie die getuie opspoor nie.
Maasdorp het egter reeds in sy eie verdediging getuig nadat ’n aansoek om kwytskelding gefaal het. Maasdorp en Siyomuinji het dié aansoek gebring nadat die staat sy saak afgesluit het. Hulle het aangevoer dat die staat nie genoeg bewyse gelewer het vir die hof om hom van die klagte skuldig te bevind nie. Usiku het die aansoek van die hand gewys.
AGTERGROND
Maasdorp het na bewering die 20-jarige Magda van Wyk op 2 Augustus 2019 met ’n mes in haar bors gesteek wat glo daartoe gelei het dat sy 11 dae later in die Katutura-staatshospitaal dood is.
Maasdorp staan ook tereg op een klag van dwarsboming van die gereg aangesien hy na bewering van die mes ontslae geraak het wat hy glo gebruik het om haar mee te steek.
Hy het aan die begin van die verhoor onskuldig gepleit op al die klagte teen hom, maar het geen pleitverduideliking verskaf nie.
STAAT HET ‘GENOEG BEWYSE’
Maasdorp het gevoel daar het nie ’n geloofwaardige staatgetuie teen hom getuig nie, maar die staat het die aansoek teengestaan en gesê hulle het genoeg bewyse en geloofwaardige getuienis gelewer.
Een van die staat se getuies het getuig sy het gesien wat gebeur het, maar Siyomuinji het haar geloofwaardigheid in twyfel getrek.
“Hoe kan iemand huis toe gaan en gaan slaap nadat hulle gesien het hoe iemand met ’n mes gesteek word en nie die persoon help of vir enigiemand daarvan vertel nie?” het Siyomuinji tydens kruisondervraging gevra.
In Usiku se uitspraak het sy gesê die geloofwaardigheid van staatsgetuies speel nie ’n beduidende rol in die bepaling van die skuld of onskuld van ’n beskuldigde nie.
Sy het bevind dat die staat wel ’n prima facie-saak teen Maasdorp bewys het en sy is van mening dat ’n redelike hof, wat versigtig optree, hom skuldig kan bevind aan die bewyse wat tot dusver gelewer is. Op grond daarvan het sy die aansoek van die hand gewys.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie