Moordbeskuldigde se 4de borgaansoek uitgegooi
Geen gronde vir aansoek
Hoewel borgtog in 2016 aan die moordbeskuldige toegestaan is, is dit verlede jaar teruggetrek.
Een van drie mans wat teregstaan op ’n moord wat tien jaar gelede plaasgevind het, het misluk is sy vierde aansoek om borgtog.
Mnre. Stockley Kauejao, Muvare Kaporo en Matheu Kakururume word daarvan beskuldig dat hulle 15 beeste in Desember 2012 gesteel het en daarna die man wat die insident ondersoek het, mnr. Wilfred Kazeurua, vermoor het.
Regter Dinnah Usiku het Woensdag die aansoek om borgtog van die hand gewys en van die rol geskrap. Sy het beslis die aansoek moet op nuwe feite gebaseer word en Kauejao en sy regsverteenwoordiger, mnr. Salomon Kanyemba, het nie aan dié vereiste voldoen nie. Kanyemba het glo nie gedink dit is nodig nie.
BORGTOGAANSOEK
Kauejao is ná sy inhegtenisname borgtog in die landdroshof op Gobabis geweier.
Die saak is in 2014 na die hoërhof oorgeplaas en Kauejao het ’n nuwe borgtogaansoek, wat op nuwe feite gebaseer was, voor regter Christie Liebenberg gebring wat hy van die hand gewys het.
Die verhoor het in 2015 begin en Kauejao het in 2016 weer eens aansoek om borgtog gedoen. Regter Alfred Siboleka het borgtog van N$15 000 toegestaan.
Kauejao was vanaf Julie 2016 vry op borgtog en die verhoor het voortgegaan en die staat het hul saak gesluit.
Kauejao se borgtog is wel in Oktober 2021 teruggetrek toe die voorsittende regter bevind het dat Kauejao met opset die verhoor vertraag.
Volgens die staatsaanklaer in die borgtogaansoek wat Woensdag aangehoor is, mnr. Ezekiel Ipinge, het Kauejao gedurig nuwe prokureurs aangestel wat verskeie vertragings veroorsaak het.
Hy het glo ook die hof vir uitstel gevra sodat hy ’n aansoek kan bring dat die regter homself van die saak moet onttrek, maar dit het nooit gerealiseer nie.
Siboleka het bevind dat dit nie langer in openbare belang of die belang van regspleging was vir Kauejao om op borgtog vry te wees nie en hy is sedertdien in aanhouding.
UITGEGOOI
Tydens Woensdag se verskyning in die hoërhof in Windhoek het die staat voor Usiku aangevoer dat die nuwe aansoek om borgtog volgens voorgeskrewe hofprosesse, op nuwe feite gebaseer moet wees.
“Dit sal ’n misbruik van die verrigtinge wees indien beskuldigdes heeltyd dieselfde feite kan gebruik om vir borgtog aansoek te doen,” het Ipinge gesê.
Kanyemba het aangevoer dit is nie nodig om die aansoek op grond van nuwe feite te bring nie. Usiku het wel in die staat se guns beslis en die saak van die rol geskrap.
LYK VERBRAND
Die drie mans staan ook tereg op regsverydeling omdat hulle na bewering Kazeurua se liggaam verbrand en in ’n erdvarkgat begrawe het.
Hulle het sy voertuig glo ook aan die brand gesteek. Sy verbrande liggaam is in Januarie 2013 gevind.
Die vierde beskuldigde, mnr. Afas Kamutjemo, staan tereg op klagte van veediefstal en regsverydeling en is tans die enigste van die beskuldigdes wat vry op borgtog is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie