Moordenaar loop bloutjie in hof
Die hoërhof in Windhoek het Maandag ’n veroordeelde moordenaar se appél teen sy vonnisoplegging van die hand gewys.
William Immanuel het in 2014 een persoon geskiet en ’n ander in Katutura aangerand.
Hy het verby die oorledene en twee ander mense gery en gestop. Hy het met sy pistool uit sy voertuig geklim en hulle daarvan beskuldig dat een van hulle teen sy voertuig geslaan het.
Hulle het dit ontken waarna Immanuel een van die mense met die pistool in hul gesig geslaan en daarna ’n ander in die bors geskiet het. Hy het nie die voorval aan die polisie gerapporteer nie.
Immanuel is skuldig bevind aan moord en aanranding met die opset om ernstig te beseer en is gevolglik tot 20 jaar tronkstraf gevonnis in verband met die moordklag en drie jaar tronkstraf vir die aanrandingsklag.
Immanuel het aangevoer die landdros het ’n fout begaan deur die maksimum vonnis op te lê.
Hy het verder aangevoer die landdros het versuim om in ag te neem die misdrywe was nie vooraf beplan nie en dat dit ’n ligter vonnis regverdig. Hy beweer ook die landdros het nie die tydperk in ag geneem wat hy in aanhouding was voor sy vonnisoplegging nie.
UITSPRAAK
Volgens die uitspraak het Immanuel sy kennisgewing om teen sy vonnisoplegging te appelleer vier jaar en agt maande te laat ingedien, wat teenstrydig met die hofreëls is.
Hy het aanvanklik beweer sy appèlregte is nie aan hom verduidelik nie en dat daar nie van hom verwag kon word om die hofreëls te ken nie.
In ’n verdere verklaring het Immanuel beweer die vertraging was weens ’n gebrek aan geld en dat hy nie ’n private regspraktisyn kon bekostig nie. Hy het glo ook nie aansoek gedoen vir regshulp nie. Hy het na bewering gedink aangesien sy vorige aansoek om regshulp geweier is, enige aansoek weer geweier sou word.
“Dit het geblyk die appellant was nie opreg toe hy beweer het dat hy nie geweet het van sy regte om te appelleer nie. Dit is duidelik uit sy eerste kennisgewing van appèl dat hy bewus was van sy regte en hy om kondonasie aansoek moes doen. Die redes vir die vertraging is nie aanvaarbaar nie,” het regters Christie Liebenberg en Herman January in hul uitspraak gemeld.
Liebenberg en January het beslis dat die betrokke landdros wat Immanuel gevonnis het, die bewyse toepaslik geëvalueer en geen foute begaan het nie. Hulle het die aansoek om kondonasie geweier en die appèl van die hand gewys.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie