Moordenaar soek parool ná 28 jaar

Dien ’n lewenslange vonnis uit
Immanuel Shikunga het sy werkgewer 23 keer met 'n mes gesteek voor hy van sy besittings, insluitend sy voertuig gesteel het.
Rita Kakelo
’n Man wat tot lewenslange tronkstraf gevonnis is en reeds 28 jaar in aanhouding deurgebring het, het die hof genader om op parool vrygelaat te word.

Volgens Namibiese wetgewing moet ’n persoon wat ’n lewenslange vonnis uitdien ten minste 25 jaar in aanhouding deurbring voor hulle in aanmerking vir parool kan kom.

Immanuel Shikunga is in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis vir die moord en roof van Ian Scheepers sowat 29 jaar gelede. Hy het verlede jaar die hoërhof in Windhoek genader met ’n versoek dat hy vrygelaat moet word.

Hy meen hy moet vrygelaat word aangesien hy al die nodige programme vir risiko-ingrypings voltooi het.

“Ek is diep ontsteld oor die erge vooroordeel wat veroorsaak is deur die langdurige vertraging in my vrylating op parool en my voortgesette aanhouding.”



PAROOL

Ingevolge die Wet op Gevangenisse no. 17 van 1998 word die geskiktheid vir parool van ’n gevangene wat lewenslange tronkstraf opgelê is deur die paroolraad bepaal.

Dié raad neem verskeie faktore in ag, soos die gevangene se gedrag, vordering van die gevangene se rehabilitasie en die aard van die misdaad voor ’n besluit geneem word.

Shikunga meen ten spyte van die feit dat hy glo aan al die vereistes voldoen het, het die owerhede geen stappe gedoen om hom vry te laat nie.

In sy eisbesonderhede beklemtoon Shikunga dat hy in 'n posisie geplaas moet word wat hom die geleentheid bied om sy lewe tot voordeel van sy gesin te herbou en positief tot die samelewing by te dra.

Shikunga se saak is gister in die hof aangehoor om vas te stel of die respondente – wat onder andere die minister van veiligheid en sekuriteit, Albert Kawana, en die kommissaris-generaal van die Namibiese korrektiewe diens, Raphael Hamunyela, insluit – sy aansoek sal teenstaan.

Nie een van die respondente het al hulle beantwoordende verklarings in reaksie op die eise by die hof ingedien nie.



MESAANVAL

Shikunga wat 23 jaar oud was ten tyde van die moord en was in diens van Scheepers.

Die nadoodse ondersoek het getoon dat Scheepers 23 keer met ’n mes gesteek is. Ná die moord het Shikunga en sy medebeskuldigde, Asser Singanda, verskeie items wat aan Scheepers behoort het, in die oorledene se voertuig gelaai. Dié bakkie is later verlate buite Omaruru gevind met bloedvlekke binne-in.

Shikunga het in hofstukke beweer dat hy die oorledene se huis besoek het om geld terug te kry wat glo aan hom verskuldig was.

Hy beweer Scheepers het gewelddadig opgetree en hom aangeval wat daartoe gelei het dat hy Scheepers uit selfverdediging gesteek het.

Terwyl Shikunga nie die diefstal van die oorledene se goedere betwis nie, voer hy aan dat dit gedoen is as vergoeding vir die geld wat glo aan hom verskuldig was.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.81 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.53 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.83/BBP UP +2.51% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad | Rayo Vallecano 3 vs 1 Osasuna SerieA: SS Lazio 2 vs 1 Hellas Verona | Parma 2 vs 3 Udinese Weather: Katima Mulilo: 19° | 40° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 37° Oshakati: 17° | 35° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 21° | 34° Otjiwarongo: 14° | 33° Omaruru: 13° | 33° Windhoek: 12° | 29° Gobabis: 10° | 29° Henties Bay: 10° | 16° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:02, High tide: 11:41, Low Tide: 18:01, High tide: 00:18 Swakopmund: 11° | 13° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:00, High tide: 11:39, Low Tide: 17:59, High tide: 00:16 Walvis Bay: 10° | 16° Wind speed: 27km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:00, High tide: 11:38, Low Tide: 17:59, High tide: 00:15 Rehoboth: 8° | 27° Mariental: 10° | 25° Keetmanshoop: 8° | 22° Aranos: 8° | 26° Lüderitz: 10° | 34° Ariamsvlei: 8° | 21° Oranjemund: 9° | 27° Luanda: 21° | 23° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 17° | 37° Mbabane: 8° | 10° Maseru: 4° | 11° Antananarivo: 12° | 29° Lilongwe: 21° | 32° Maputo: 16° | 19° Windhoek: 12° | 29° Cape Town: 12° | 19° Durban: 12° | 17° Johannesburg: 8° | 18° Dar es Salaam: 23° | 28° Lusaka: 23° | 36° Harare: 19° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.53 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.43 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.21 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.81 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.53 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 586.91/OZ UP +1.07% | Copper US$ 4.32/lb UP +1.82% | Zinc US$ 2 955.80/T UP 0.43% | Brent Crude Oil US$ 74.83/BBP UP +2.51% | Platinum US$ 984.26/OZ UP +1.72%