Moordsaak sloer 10 jaar later steeds
Die vier mans wat teregstaan op die moord van die veediefstal-ondersoeker Wilfred (Major) Kazeurua in Desember 2012 en ook by veediefstal in Gobabis betrek word, is steeds nie gevonnis nie.
Stockley Kauejao en sy medebeskuldigdes, Muvare Kaporo en Matheu Kakururume, het na bewering in opdrag van Kauejao die ondersoeker vermoor en die beeste gesteel. Die staat beweer verder hulle het Kazeurua gewurg en versmoor, sy liggaam en voertuig verbrand en hom toe begrawe.
Sakeus Mwashekele, die eienaar van die plaas waar die 15 beeste ter waarde van N$75 000 gesteel is, het Kazeurua gevra om die diefstal te ondersoek.
Die verdagtes het na bewering Mwashekele se heining plat gedruk en die beeste aangejaag na die plaas Brazil waar Kaporo destyds gewerk het. Die gesteelde beeste se oorplaatjies is verwyder, hulle is gebrandmerk as die van Afas Kamutjemo, wat net aangekla is van veediefstal en dwarsboming van die gereg.
Kakururume het tydens kruisondervraging in die hof by Windhoek se korrektiewe dienste sy teleurstelling aan regter Alfred Siboleka uitgespreek dat die polisie versuim het om sy getuie, ’n medeplaaswerker van Rundu, op te spoor wat sy pleit van onskuldig kon ondersteun.
“Ek glo nie iemand kan sommer in die hele Namibië net verdwyn nie. Dit is net omdat dit my getuie is dat julle nie hard genoeg gesoek het nie. As dit ’n staatsgetuie was, sou julle alles gedoen het om hom op te spoor,” het hy gesê.
Siboleka het vir voorstelle gevra wat die hof kan help om sy getuie op te spoor, maar Kakururume kon nie hierop reageer nie. Volgens die beskuldigdes is hulle onskuldig aan die aanklagte teen hulle en dra dit geen water nie.
Die vertragings in die saak wat nou al meer as tien jaar sloer, word aan verskeie redes toegeskryf waaronder die feit dat daar vir maande na getuies gesoek word.
Nadat die staat sy saak in 2018 gesluit het, het Kauejao ook aanvanklik besluit om aansoek te doen dat Siboleka homself aan die saak onttrek. Gevolglik het twee regsverteenwoordigers aan sy saak onttrek omdat hy nie vir hul dienste betaal het nie. Die verhoor duur voort.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie