Die vier moordbeskuldigdes. Foto Twitter
Die vier moordbeskuldigdes. Foto Twitter

Moordverhoor sloer reeds sewe jaar

Wéér uitgestel tot 2 Desember
Twee van die beskuldigdes het versoek dat die regter se besluit om homself nie van die saak te onttrek nie, heroorweeg word.
Kristien Kruger
Die verhoor waarin drie mans teregstaan op die moord van ’n bekende veediefstalondersoeker van Gobabis, het reeds in 2015 begin en is gister opnuut uitgestel.

Mnre. Stockley Kauejao, Muvare Kaporo en Matheu Kakururume word daarvan beskuldig dat hulle15 beeste in Desember 2012 gesteel het en daarna die man wat die voorval ondersoek het, Wilfred Kazeurua, vermoor het.

Die drie mans staan ook tereg op regsverydeling omdat hulle na bewering Kazeurua se liggaam verbrand en in ’n erdvarkgat begrawe het. Hulle het sy voertuig glo ook aan die brand gesteek.

Sy verbrande lyk is in Januarie 2013 gevind.

Die vierde beskuldigde, mnr. Afas Kamutjemo, staan tereg op klagte van veediefstal en regsverydeling en is tans die enigste van die beskuldigdes wat vry op borgtog is.

Al die beskuldigdes het onskuldig gepleit.

ONTTREKKINGSAANSOEK

Hoewel die staat reeds in 2018 sy saak gesluit het, is die verhoor die afgelope vier jaar voortdurend vertraag.

Kauejao en Kaporo het vanjaar aansoek gedoen vir regter Alfred Siboleka om homself van die saak te onttrek aangesien hy volgens hulle nie onpartydig sal wees nie.

Siboleka het die aansoek van die hand gewys.

“Daar is geen grondslag vir hierdie aansoek nie,” het Siboleka gesê en het met sekerheid bygevoeg geen ander hof sal tot ’n ander beslissing kom nie.

Die twee beskuldigdes se regsverteenwoordigers het aangedui dat hulle vandeesweek ’n versoek aan die hoofregter gaan rig om dié besluit te heroorweeg.

Die saak is tot 2 Desember uitgestel hangend die uitkoms van die petisie.

Die partye het aangedui die verhoor sal nie op hierdie datum hervat nie, maar dat hulle slegs vir statusverhoor sal verskyn.

Kakururume se regsverteenwoordiger, mnr. Mbanga Siyomuinji, het ook tydens gister se verrigtinge aangedui hy het ’n brief aan die registrateur van die hof gestuur wat versoek dat ’n ander regter vir Kakururume se aansoek om borgtog aangestel word. Hulle sal verkies dat Siboleka nie dié aansoek ook aanhoor nie.

VERTRAGINGS

Kauejao was vanaf Julie 2016 tot Oktober 2021 vry op borgtog, maar Siboleka het sy borgtog teruggetrek aangesien hy na bewering verantwoordelik was vir verskeie vertragings in die saak.

Sy verteenwoordiger, mnr. Salomon Kanyemba, het die hof in Mei vanjaar versoek om Kauejao se borgtog weer in te stel, maar Siboleka het die versoek van die hand gewys.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!