Die korrupsiebeskuldigdes, Sara Damases (links) en Dirk Conradie. Foto argief
Die korrupsiebeskuldigdes, Sara Damases (links) en Dirk Conradie. Foto argief

MTC-korrupsiesaak: Uitspraak uitgestel

Aansoek om kwytskelding
Kristien Kruger
Uitspraak in die voormalige voorsitter van MTC en bekende Windhoekse prokureur, Dirk Conradie (64), se aansoek om kwytskelding, is gister tot 17 September uitgestel.

Conradie en sy medebeskuldigde, Sara Damases (59), het dié aansoek gebring nadat die staat hul saak in die korrupsieverhoor gesluit het.

In die aansoek, wat ingevolge afdeling 174 van die Strafproseswet gebring is, voer Conradie aan dat die staat versuim het om genoegsame bewyse voor die hof te bring vir hulle om skuldig bevind te word.

Hulle is dus, volgens hom, daarop geregtig om onskuldig bevind te word sonder om getuienis af te lê.

Uitspraak met betrekking tot die aansoek was geskeduleer om gister deur regter Thomas Masuku gelewer te word, maar is uitgestel.

Die saak teen Conradie en Damases is reeds in 2012 deur die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) aanhangig gemaak en hou verband met klagte van korrupsie, sameswering om korrupsie te pleeg en, in Conradie se geval, misbruik van sy magsposisie.

Die staat beweer Conradie het sy posisie as voorsitter misbruik om te verseker dat ’n advertensietender aan ’n sekere maatskappy toegeken word, in ruil vir Damases om as dié maatskappy se swart ekonomiese bemagtigingsvennoot aangestel te word.

AGTERGROND

Conradie het na bewering destyds as voorsitter van MTC, die eienaars van die advertensiemaatskappy DV8 Saachi & Saachi, Mark Bongers en Kim Field, probeer oortuig om Damases aan te stel.

DV8 het vir die MTC-advertensierekening ter waarde van N$60 miljoen getender en volgens Bongers se getuienis het Conradie tydens 'n vergadering in Junie 2012 gesê dat hy as sleutelbesluitnemer die stemproses sou swaai sodat hulle die kontrak sou kry.

Bongers was na bewering nie hiervoor te vinde nie en het die verwikkelinge onder die aandag van die ACC gebring.

Conradie en Damases het in Maart 2016 onskuldig gepleit en is vry op borgtog van N$30 000 elk.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!