Munisipale werkers se skorsing ongeldig, sê hof
Gobabis-munisipaliteit loop bloutjie
Die hof het Vrydag die skorsing van sewe werknemers van die Gobabis-munisipaliteit tersyde gestel.
Die hoërhof in Windhoek het verlede week beslis die skorsing van sewe werknemers van die munisipaliteit op Gobabis was onbillik, onredelik en ongeldig.
Die besluit om hulle te skors, is Vrydag ingevolge ’n hofbevel tersyde gestel.
Die sewe betrokke uitvoerende beamptes is Frieda Metumo Shimakaleni, Filemon Makili, Kondjeni Jeleni Nghiwanapo, Paul Solomon Kayambu, Ashipala Penda Shilemba, Johannes Petrus Nantuua en Wynona Steyn.
Regter Herman Oosthuizen het in sy uitspraak gesê die dorpsraad het die wet op plaaslike owerhede verkeerd geïnterpreteer aangesien sommige van die aansoekers departementshoofde was en hul skorsing goedgekeur moes word ingevolge regulasies deur die minister en nie munisipale personeelreëls nie.
Vyf van die werknemers het aangevoer die raadsvergaderings, waartydens hulle skorsings bepaal is, is nie ingevolge die wet uitgevoer nie. Dit is daarom onreëlmatig byeengeroep en die vergaderings en die besluite wat geneem is, is gevolglik ongeldig.
“Die eerste respondent [dorpsraad] het duidelik nie beswaar gemaak teen die bewerings dat die betrokke vergaderings onregmatig belê is nie. Dit word geag dat die eerste respondent die onreëlmatige wyse waarop die vergaderings byeengeroep is, erken het. Die besluite wat geneem is ten opsigte van die skorsings by daardie vergaderings is gevolglik nietig,” lui Oosthuizen se uitspraak.
Buiten vir die bevel dat die sewe werknemers se skorsings ongeldig was, het Oosthuizen beveel die vergaderings en besluite wat die raad met betrekking tot die betrokke werknemers geneem het, ongeldig verklaar word.
Twee van die werknemers het verder beweer die waarnemende uitvoerende hoof van die munisipaliteit ten tyde van hul skorsing, Steve Adonis, se aanstelling op 5 Julie 2021 was ongeldig.
“Die vierde respondent [Adonis] is nie ingevolge artikel 27 van die wet aangestel nie en daar is nie aan artikel 14 van die wet voldoen nie. Sy aanstelling op 5 Julie 2021 was dus ongeldig en die skorsing van die applikante was ook ongeldig,” lui die uitspraak.
Oosthuizen se hofbevel het die aanstelling van Adonis ongeldig verklaar en tersyde gestel tesame met alle optredes, handelinge, besluite en prosesse wat hy uitgevoer het met betrekking tot elkeen van die betrokke werknemers.
Die munisipaliteit is ook ingevolge die hofbevel gelas om die koste van die aansoek te betaal.
BEWEERDE WANGEDRAG
Die dorpsraad het die werknemers tussen Mei en November 2021 met volle salaris geskors.
Dit nadat ’n verslag van die streek- en plaaslike owerheid en ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling se ondersoek na kapitaalprojekte by die raad vir die boekjare 2012-’13 tot 2019-’20 bekend gemaak is.
Die verslag het ’n aantal onreëlmatighede met betrekking tot sekere kapitaalprojekte op die lappe gebring.
“Die respondente [raad, voorsitter] beweer daar is ’n mate van bewyse dat sommige van die diensverskaffers aan die raad bevoordeel is deur sekere werknemers, insluitend dié in die bestuur. Die eerste [Shimakaleni], tweede [Makili] en vyfde [Shilemba] applikante het vir die respondente gelyk of hulle ’n rol gespeel het in die wanadministrasie,” word daar in die uitspraak verduidelik.
Shimakaleni, Makili, Shilemba, Nantuua en Steyn het briewe ontvang met kennisgewing van die raad se besluit om hulle met onmiddellike effek te skors.
Die brief het verwys na artikel 29 van die wet, saamgelees met klousule 30 en 35 van die Gobabis-munisipaliteit se personeelreëls as die regsgrondslag vir hul skorsing.
Adonis het Nghiwanapo en Kayambu op spesiale gedwonge verlof geplaas gebaseer op ’n brief wat spesifiek verwys na klousule 24 en 30 van die personeelreëls. Hulle is in Augustus daardie jaar ingelig van hul skorsing weens beweerde wangedrag.
“Die behoefte om personeellede te skors, ontstaan gewoonlik nadat bewerings van wangedrag ondersoek is. In hierdie geval het die raad opgetree op grond van inligting wat dit verkry het uit ’n ministeriële verslag in hul besit vir meer as vier maande en ’n ouditverslag in hul besit vir ongeveer een jaar en drie maande.
“Die raad het nie die hof of die applikante ingelig waarom die raad niks gedoen het om die beweerde inhoud van die verslae intussen te verifieer of te ondersoek nie, maar besluit het om hulle daarna te skors. Die raad het die plig gehad om die applikante van sy voornemens in te lig en hulle die geleentheid te gee om aangehoor te word voor die skorsings.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie