Mutero skuldig aan dubbele moord

Yandi Du Plessis
Kenya Kambowe - Die 53-jarige Mbangu Vensislaus Mutero is Dinsdag in die hoërhof op Oshakati skuldig bevind op ’n dubbele moordklag waar hy beide sy vrou en seun koelbloedig doodgeskiet het.

Regter Duard Kesslau het Mutero skuldig bevind aan die moord op sy vrou, Rosalie Shirenga Shitjoni, en sy seun, Aleksus Vipanda, nadat hy hulle op 25 September 2015 by die nedersetting Ndiyona doodgeskiet het.

Luidens hofstukke was Mutero se vrou sewe maande swanger toe hy haar vermoor het.

Die saak is tot 10 November uitgestel, wanneer die staat ’n getuie sal roep om ter ondersteuning van ’n strawwer vonnis te getuig.

Die datum vir getuienis ter vonnisversagting sal dan vasgestel word, waarna die hof ’n vonnis sal oplê.

Mutero het sy vrou glo uit jaloesie vermoor en die egpaar was glo in ’n toksiese verhouding en het dikwels vasgesit.

NOODLOTTIGE DAG

Oor wat op die noodlottige dag gebeur het, het ons susterkoerant Namibian Sun van ’n betroubare bron verneem dat daar ’n sporttoernooi in Ndiyona was waar Shitjoni gehelp het om eet- en drinkgoed te verkoop.

Na bewering het Mutero gesien hoe die slagoffer kos aan ’n ekskêrel verkoop, wat hom glo kwaad gemaak het en tot ’n woordewisseling en uiteindelik die skietery gelei het.

“Hy het gesien hoe sy vrou een van haar ekse bedien en hy het haar beveel om huis toe te gaan. Terwyl hulle by die huis was, het hy haar geskiet. Die seun was in die kamer en nadat hy die geweerskote gehoor het, het die seun uitgekom en na die pa toe gehardloop, wat hom toe in die kop geskiet het,” het die bron verklap.

Mutero het homself daarna aan die polisie oorgegee.

STRAFBARE MANSLAG

Na verskeie pogings om borgtog te kry, is borg van N$5 000 op 1 Oktober 2018 aan Mutero toegestaan.

Terwyl hy vry was op borgtog, het hy na bewering nog ’n misdryf gepleeg toe hy op 30 Desember 2019 ’n gesin van vier raakgery het wat die pad oorgesteek het en ná die impak dood is.

Die voorval het by Rundu se informele nedersetting Ndama op die Trans-Zambezi-hoofweg gebeur.

Drie van die slagoffers, Petrus Kongo Haingura (44), Muhafereni Patricia Musinga Haingura (38) en Belindine Kasiku Haingura (1) is op slag dood terwyl Phillip Poroto Haingura (5) in die Rundu-staatshospitaal aan sy beserings dood is.

Mutero het glo nie op die toneel gestop nie en die voertuig na bewering gaan wegsteek in bosse ’n kilometer van die ongelukstoneel af.

Hy is daarna in hegtenis geneem.

Die saak van strafbare manslag is nog nie afgehandel nie en sal na verwagting volgende week aangehoor word.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 32° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 23° | 36° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 33° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 14° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 23° | 34° Mariental: 20° | 36° Keetmanshoop: 13° | 32° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 23° Ariamsvlei: 14° | 32° Oranjemund: 14° | 20° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 18° | 28° Mbabane: 18° | 35° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 22° | 38° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 19° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 19° | 32° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 32° Harare: 19° | 30° #REF! #REF!