‘My alles is tot niet’ – Fitty
Borgtogaansoek tot 23 Augustus uitgestel
Mnr. Tamson Hatuikulipi het sedert sy inhegtenisneming nog nie weer sy kinders gesien nie en dit het hom tot trane gedryf tydens Vrydag se verrigtinge.
Die Fishrot-beskuldigde Tamson ‘Fitty’ Hatuikulipi het met emosie oorweldig geraak toe sy regsverteenwoordiger hom tydens Vrydag se hofverrigtinge vra wanneer laas hy sy kinders gesien het.
“Ek is baie depressief . Ek is van my familie weggeneem en ek kan nie my kinders sien nie. ’n Tronk is nie ’n plek vir kinders nie,” het hy getuig voordat die hof ’n kort breuk gevat het om hom geleentheid te gee om asem te skep.
Dit was tydens sy getuienis toe hy kommentaar moes lewer op hoe sy persoonlike omstandighede gedurende sy aanhouding versleg het. Dié faktor is een van die nuwe gronde waarop hy dié keer om borgtog aansoek gedoen het.
Hatuikulipi het twee kinders – ’n negejarige seun en vyfjarige dogter – vir wie hy in November 2019 laas gesien het.
“Ek is reeds 30 maande in aanhouding en daar is geen aanduiding vir wanneer die verhoor gaan begin nie,” het hy getuig en bygevoeg dat die verhoor na verwagting baie lank sal duur.
“Ek het my dogter se eerste dag van preprimêr misgeloop, asook my seun se eerste sokkerwedstryd. Dis kosbare oomblikke en nou is dit verby en sal nooit weer herhaal kan word nie.”
Hatuikulipi het ook aangedui dat sy besighede vanweë sy inhegtenisneming en aanhouding moes toemaak. Hy is gevolglik nou in ’n finansiële verknorsing.
“Voor my inhegtenisneming was ek ’n suksesvolle sakeman. Nou is alles tot niet.”
Volgens sy getuienis is hy nie meer in staat om sy banklenings terug te betaal nie en is die bank besig om op van sy besittings beslag te lê. Twee busse wat vir sy maatskappy, Zebra Travel and Tours, gebruik en steeds deur die bank gefinansier was, is teruggevat en op veiling verkoop.
Hy kan glo ook nie meer sy munisipale rekenige of die verbande op sy eiedom bekostig nie. Hatuikulipi was voor sy inhegtenisneming die eienaar van 22 vaste eiendomme oraloor die land.
“Ek kan nie meer my 77-jarige ma finansieel ondersteun nie,” het hy bygevoeg.
N$200 000 vir BORGTOG
Hatuikulipi het vir die hof gesê hy is in staat om N$200 000 vir borgtog te betaal. Dis glo geld van familie en vriende wat hy sal moet terugbetaal.
Die verdediging het hul hoofgetuienis reeds afgehandel.
Die saak is tot 23 Augustus uitgestel en die staat sal na verwagting dan met kruisondervraging begin.
– [email protected]

Kommentaar
David Louw
Maar jy het nie gedink wat sou die gevolge gewees het toe jy soos n krimineel opgetree en soos n koning geleef het nie!! Hulle moet van al julle kriminele n voorbeeld maak!!