Ricardo Nestor en sy regsverteenwoordiger, Albert Titus, Dinsdag in die hof. Foto Kristien Kruger
Ricardo Nestor en sy regsverteenwoordiger, Albert Titus, Dinsdag in die hof. Foto Kristien Kruger

N$10 m.-bedrogverhoor duur voort

Beskuldigde is ’n oudpolisieman
Ricardo Nestor het glo sy kennis van tegnologie gebruik om toegang tot individue se internetbankprofiele te verkry.
Kristien Kruger
Die voormalige polisiebeampte van Rosh Pinah wat teregstaan op bedrog van glo meer as N$10 miljoen, se verhoor het vandeesweek in die hoërhof in Windhoek hervat.

Ricardo Nestor (33) het na bewering toegang tot die bankrekeninge van drie sake-entiteite verkry, waarna hy groot bedrae geld na óf homself óf rekeninge waartoe hy toegang gehad het, oorgeplaas het.

Hy het in April vanjaar onskuldig gepleit op 10 klagte van bedrog (alternatiewelik diefstal), geldwassery, vervalsing en uitgifte (uttering) en het nie ’n pleitverduideliking verskaf nie.

KUBERKRAKER

Nestor het na bewering sy vaardighede wat hy tydens sy studies in inligtingstegnologie opgedoen het, gebruik om toegang tot maatskappye se internetbankprofiele te verkry om betalings te doen.

In twee gevalle het Nestor glo dieselfde modus operandi gebruik, waar hy munisipale rekeninge van mense gebruik het om Altcoin- en Bitcoin Trader-rekeninge in Suid-Afrika oop te maak.

Nestor het na bewering Namibia Marble and Granite (NAMAGRA) wat naby Karibib geleë is, Spot-On Discount Liquor in Walvisbaai en Meransha Properties ingedoen.

Hy het glo ook aan Taiyo Namibia gesê Walcon, ’n konstruksiemaatskappy, het sy rekening vanaf Bank Windhoek

na Standard Bank geskuif en dat Taiyo ’n bedrag van N$720 000 in die Standard Bank-rekening moet betaal vir werk wat dié maatskappy verrig het.

Hoewel die staat beweer dat Nestor reeds vanaf Augustus 2018 bedrog gepleeg het, is hy eers in Januarie 2020 op Oranjemund in hegtenis geneem ná hy Taiyo Namibia probeer bedrieg het.

Nestor het daarna in die landdroshof op Walvisbaai verskyn waartydens landdros John Findano sy aansoek om borgtog van die hand gewys het.

Sy saak is later oorgeplaas na die hoërhof in Windhoek en hy is tans in aanhouding by die Windhoek Sentrale Gevangenis.

Hy het Dinsdag voor regter Philanda Christiaan in die Windhoekse hoërhof se hofsaal by die gevangenis verskyn vir die hervatting van sy verhoor. Die staat het voortgegaan om getuies te roep wat oor Nestor se beweerde bedrog getuig het.

Nestor word deur die regshulp-prokureur, Albert Titus, verteenwoordig en die staatsaanklaer is Basson Lilungwe.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!