N$1,3 mjd.-tender (vir eers) op ys
Hof reik tussentydse interdik uit
Die implementering van 'n tender vir die verskaffing van farmaseutiese produkte is tydelik gestaak hangend 'n hersiening van die toekenning.
’n Interdik is Woensdag aan ’n farmaseutiese maatskappy toegestaan om die implementering van ’n tender van meer as ’n miljard Namibiese dollar te staak terwyl die toekennings van die tender hersien word.
Die hoërhof in Windhoek het die dringende aansoek vir die tussentydse interdik toegestaan ten spyte van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN) se bewering dat die tekort aan farmaseutiese produkte in komende maande kan vererger indien die interdik toegestaan word.
Dit volg nadat ’n tender in April vanjaar aan Africure Pharmaceutical toegeken is vir die verskaffing van farmaseutiese produkte aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ter waarde van sowat N$123 miljoen.
Nadat Cospharm Investments (Edms) Bpk, wat aanvanklik gediskwalifiseer is, egter ’n aansoek om heroorweging by die sentrale raad ingedien het, is die toekennings aangepas.
’n Tender van N$1,3 miljard is aan Cospharm toegeken en Africure se tender is met sowat N$78 miljoen gesny.
Africure het ’n dringende aansoek gebring om ’n interdik te verkry en as ’n tweede deel van sy aansoek versoek hy die hoërhof om die raad se besluit vir die tendertoekennings te hersien en tersyde te stel.
Die tweede deel van die aansoek, waarin die raad se besluit vir die tendertoekennings hersien word, duur nog voort en is tot 16 Januarie uitgestel.
INTERDIK
Die raad het tydens die aanhoor van die dringende aansoek aangevoer dat Africure geen skade sal ly nie en steeds sal voortgaan om die tender ter waarde van N$45 miljoen te lewer wat aan hom toegeken is. Hulle het ook aangevoer dat Africure sonder ’n tussentydse interdik, die tendertoekenning deur die hof laat hersien.
“Die raad skram weg van die feit dat sodra die raad kontrakte onderteken, die kontrakte met die ander tenderaars ’n geldige regsverhouding tussen die raad en daardie tenderaars skep en sal die tenderaars die farmaseutiese produkte lewer,” het regter Shafimana Ueitele in sy uitspraak gesê.
Beide Cospharm en die raad het die dringendheid van die saak bevraagteken. Hulle het aangevoer die applikant kon nie verduidelik hoekom hy meer as tien dae geneem het om die aansoek in te dien nie.
“Ek is nie oortuig daarvan dat die applikant [Africure] die dringendheid self geskep het deur nie vroeër op te tree nie. Sodra die maatskappy van die raad se besluit ingelig is, het hy die proses aan die gang gesit om die raad se besluit te betwis,” lui die uitspraak.
HERSIENING
Africure se hersieningsaansoek is gegrond op die bewering dat die raad versuim het om te verseker dat hy prosedureel billik behandel is ingevolge artikel 18 van die Grondwet.
“Artikel 18 plaas ’n verantwoordelikheid op administratiewe liggame en amptenare om uitvoering te gee aan wettige, redelike en prosedureel billike administratiewe optrede.
“Indien hierdie reg nie beskerm word nie, sal dit onherstelbare skade aanrig,” meen Ueitele.
Die ander basis vir Africure se hersieningsaansoek is die bewering dat die raad se besluit om die tendertoekenning aan te pas, nie geneem en gekommunikeer is binne die tydperk van sewe dae soos deur die wet vereis word nie.
Die raad voer aan dat hulle die besluit binne sewe dae geneem het, maar het toegegee dat hulle dit eers op ’n latere stadium aan Cospharm gekommunikeer het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie