• Tuisblad
  • Howe
  • N$19 miljoen se eksekusie vir Rössmund-gholfbaan
Rössmund-gholfbaan naby Swakopmund. Foto Facebook.
Rössmund-gholfbaan naby Swakopmund. Foto Facebook.

N$19 miljoen se eksekusie vir Rössmund-gholfbaan

Nadat Rössmund Golf Course CC versuim het om 'n leningsooreenkoms na te kom, is hul hof toe gesleep vir skuld van byna N$20 miljoen.
Kristien Kruger
Bates van nagenoeg N$20 miljoen van Rössmund Golf Course CC wat dié bekende gholfbaan by Swakopmund bedryf, gaan opgeveil word om skuld te delg.

Dit volg nadat die hoërhof in Windhoek gister aan die Ontwikkelingsbank van Namibië (DBN) ’n lasbrief vir die beslaglegging van dié beslote korporasie se bates toegestaan het sodat nieroerende eiendom en/of goedere op ’n openbare veiling verkoop kan word.

Rössmund Golf Course CC het nie sy leningsooreenkoms met die DBN nagekom nie en verder versuim om betyds pleitstukke by die hof in te dien toe dié bank hom tot die hof gewend het.

Rössmund het ’n kennisgewing van sy voorneme om die aansoek teen te staan, by die hof ingedien, waarna die hof opdrag gegee het dat pleitstukke voor 11 Februarie ingedien moes word.

Toe Rössmund dit nie nagekom het nie, het die DBN op 23 Maart aansoek gedoen vir ’n vonnis by verstek. Dit is op 9 April deur regter Herman Oosthuizen toegestaan.

Die hof het gister die lasbrief uitgereik en die adjunk-balju vir die distrik van Swakopmund gemagtig om op die nieroeroende eiendom en/of bates van dié beslote korporasie beslag te lê.

Daaruit moet die bedrag wat verskudig is (N$19 889 360) deur 'n openbare veiling ingewin word. Dit moet ook voorsiening maak vir die eisers se regskoste.

Mnr. Willem Arie van der Plas is die tweede verweerder in die saak.

Die saak is daarna van die rol geskrap.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 23° | 37° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 24° | 34° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 25° | 34° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 22° | 35° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 22° | 37° Keetmanshoop: 20° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 16° | 34° Ariamsvlei: 21° | 37° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 37° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 16° | 33° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 21° | 36° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 16° | 22° Durban: 19° | 28° Johannesburg: 18° | 30° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!