Nabta moet Puma-vulstasie ontruim
Eiendom slegs in Puma se naam geregistreer
Hoewel die regter in Puma Energy Namibia Two se guns beslis het, beweer sy dat hulle op Nabta se rug gery het om private eiendom te bekom.
Die Namibiese Bus- en Taxivereniging (Nabta) is vandeesweek ingevolge ’n hofbevel, beveel om die perseel van die Puma vulstasie in Windhoek se Rhinopark-woonbuurt, te ontruim.
Regter Marlene Tommasi het Woensdag in die hoërhof in Windhoek die uitspraak gelewer en hoewel sy in Puma se guns beslis het, lewer sy kommentaar op Puma se werklike agenda en beweerde misbruik van die Nabta om land in Windhoek te bekom.
“Die dokumente wat ingehandig is en die getuienis wat gelewer is, vertel 'n verhaal van hoe finansiële reuse grond in Windhoek bekom het deur op Nabta se rug te ry. Die projek is gedryf deur openbare padveiligheidsoorwegings en die belange van pendelaars van openbare vervoer, maar die werklike agenda was om private eiendom te beveilig.”
“Die hartseer werklikheid is dat alle beloftes wat aan Nabta gemaak is om die uiteindelike eienaars van die eiendom te word, tot niet gekom het, aangesien dit nooit op skrif gestel is soos deur die wet vereis word nie,” het Tommasi in haar uitspraak gesê.
AGTERGROND
Caltex Oil Namibia, wat intussen sy naam na Puma Energy Namibia Two verander het, het in 1994 saam met Nabta die Windhoekse munisipaliteit genader om land te bekom vir die stigting van kantore en ’n vulstasie wat Nabta kan beset.
Volgens die getuienis van die voormalige president van Nabta, Thomas Mlunga, moes Nabta en Puma mede-eienaars van die eiendom word, maar Puma het glo die eiendom slegs in hul naam registreer.
“Nabta was dalk onder die indruk dat dit die mede-eienaar was, maar Puma het daarin geslaag om aan die hof te bewys dat slegs hulle die eienaar van die eiendom is,” lui die uitspraak.
TOESTEMMING TERUGGETREK
Volgens die uitspraak het die eienaar van die eiendom die reg om toestemming te gee dat ’n ander party dit beset, maar kan enige tyd daardie toestemming terugtrek omdat dit geregtig is op volle gebruik van die eiendom.
“Die toestemming wat voorheen verleen is, is duidelik opgeroep,” het Tommasi in haar uitspraak gesê.
Nabta beset reeds vanaf 1995 die perseel wat hulle nou moet ontruim. Die perseel was ideaal geleë tussen Katutura en die sentrale besigheidsgebied van Windhoek. Dit het gedien as vervoerpunt vir taxi’s en mense wat per bus langer afstande moet reis.
–[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie