Menzies Aviation Namibia doen aansoek om verlof om hul stigtingsdokumente aan te vul nadat nuwe inligting glo aan die lig gekom het oor 'n beweerde bedrieglike tenderproses. Foto Argief
Menzies Aviation Namibia doen aansoek om verlof om hul stigtingsdokumente aan te vul nadat nuwe inligting glo aan die lig gekom het oor 'n beweerde bedrieglike tenderproses. Foto Argief

NAC, Menzies se sage duur voort

Tussentydse aansoek gebring
Die hoofsaak is eers gestaak totdat die hof beslis het oor Menzies se aansoek om verlof om sy stigtingsdokumente aan te vul.
Kristien Kruger
“Dit is glad nie verbasend dat NAC en Paragon desperaat sal wees om bewyse van die hof te weerhou met die skreiende bewerings van onreëlmatigheid waarmee beide nou gekonfronteer word nie.”

Dít het Menzies Aviation Namibia se direkteur, Ian Michael van Rooyen, in ’n verklaring gesê wat Dinsdag by die hoërhof in Windhoek ingehandig is.

Die verklaring is ingedien ter ondersteuning van Menzies se aansoek om verlof om sy stigtingsdokumente aan te vul. Menzies beweer dat nuwe inligting aan die lig gekom het sedert sy stigtingsdokumente en aanvullende dokumente ingedien is.

Menzies wil nuwe inligting by hul dokumente byvoeg, alhoewel die maatskappy beweer dat hulle reeds ’n saak uitgemaak het in sy huidige hofstukke met betrekking tot sy bewerings dat die Namibiese Lughawensmaatskappy (NAC) “’n gebrekkige, onwettige en bedrieglike tenderproses” uitgeoefen het.

“Veral in die lig daarvan dat dit in die openbare belang is vir tenders om billik, deursigtig en bowenal wettig hanteer te word,” voeg Van Rooyen in sy verklaring by.

Die betrokke tender is vir die grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) wat NAC aan Paragon Investments toegeken het. Menzies beweer die toekenning van die tender is ongeldig en eis dat die tenderproses van voor moet begin.

NAC en Paragon staan Menzies se aansoek teen en beweer dat Menzies die aansoek gebring het in “nog ’n poging om verrigtinge te vertraag”.

“Dit is onverdiend en ’n misbruik van die hofporses,” beweer Gerson Adolf /Uirab, uitvoerende hoof van NAC.

AGTERGROND

In die hoofaansoek is NAC aangesê om ’n volledige hersieningsrekord te verskaf.

Die eerste twee weergawes van die rekord is in Mei en Junie 2022 opgelaai, asook ’n derde een in Augustus 2022 en ’n harde kopie is aan Menzies se regspan verskaf.

Menzies beweer die derde weergawe verskil van die eerste twee en dat hul stigtingsdokumente reeds opgestel was voor die derde weergawe beskikbaar gestel is.

“Menzies het geen rede gehad om te dink dat die inhoud daarvan sou verander nie, veral nie ten opsigte van Paragon se tenderaanbod of dat NAC enige rede gehad het om in besit te wees van verskillende weergawes van hierdie aanbod nie,” lui Van Rooyen se verklaring.

Van Rooyen gaan voort en stel dat dit onreëlmatig is dat NAC in besit van verskillende weergawes van Paragon se aanbod is.

“NAC het geen rede gehad om in besit te wees van ander weergawes of enige onvolledige tenderdokumentasie wat aan aansoekers behoort nie en daar is eenvoudig geen verduideliking waarom NAC moontlik in besit kan wees van twee weergawes van Paragon se tenderaanbod nie.”

Volgens Van Rooyen beplan Menzies om ’n aansoek te bring om die kwessie van die verskille in die drie weergawes van die rekord na mondelinge getuienis te verwys waartydens Desmond Amunyela, direkteur van Paragon, en NAC-verteenwoordigers kruisondervra sal word.

– kristien@republikein

Kommentaar

Republikein 2024-10-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:33, High tide: 03:44, Low Tide: 22:02, High tide: 15:58 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:42, Low Tide: 22:00, High tide: 15:56 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 37km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:41, Low Tide: 22:00, High tide: 15:55 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.57 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.1 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.04 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1652.16 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.93 Up +0.75% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14125.26 Up +2.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 712.37/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.72% | Zinc US$ 3 075.30/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 74.34/BBP DOWN -0.005 | Platinum US$ 1 006.28/OZ UP +1.19% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:33, High tide: 03:44, Low Tide: 22:02, High tide: 15:58 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:42, Low Tide: 22:00, High tide: 15:56 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 37km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:41, Low Tide: 22:00, High tide: 15:55 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.57 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.1 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.04 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1652.16 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.93 Up +0.75% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14125.26 Up +2.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 712.37/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.72% | Zinc US$ 3 075.30/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 74.34/BBP DOWN -0.005 | Platinum US$ 1 006.28/OZ UP +1.19%