NAC slaag in dringende aansoek
Die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) se dringende aansoek teen Menzies Aviation Namibia, wat die afgelope agt jaar die hanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) hanteer, het gister in die hoërhof in Windhoek geslaag.
Die hofbevel vereis dat Menzies vandag die lughawe moet ontruim en die leisels aan die nuwe maatskappy, Paragon Investment Holdings JV Ethiopian Airlines, moet oorgee.
Indien Menzies nie die perseel verlaat nie, het die hof beveel dat die adjunkbalju Menzies van die perseel moet verwyder, asook al sy toerusting.
Menzies se teeneis is van die hand gewys en die saak is van die rol geskrap.
Menzies se aansoek om hersiening van die tenderproses, wat as ’n aparte saak by die hoërhof ingedien is, duur wel voort.
AGTERGROND
NAC en Menzies se kontrak vir grondhantering by die lughawe loop vandag tot ’n einde en NAC het die besluit geneem om nie die kontrak te verleng nie, maar om vanaf 1 Julie van Paragon se dienste gebruik te maak.
NAC was bekommerd dat Menzies nie die perseel op 30 Junie sou verlaat nie en het daarom die dringende aansoek gebring om te verhoed dat bedrywighede by die lughawe belemmer word tydens die oorskakeling na die nuutaangestelde maatskappy.
Menzies het ’n teeneis gebring vir die tersydestelling van die tender wat aan Paragon toegeken is of alternatiewelik 'n interdik teen die NAC en Paragon hangende die afhandeling van die aansoek om hersiening.
TENDERPROSES
Menzies is op 31 Desember 2021 ingelig dat sy tenderaanbod van die hand gewys is en die tender aan Paragon toegeken is.
Menzies het glo nie aan al die tendervereistes voldoen nie.
“Menzies se bod is nie geëvalueer nie omdat sekere (sekondêre dokumente) nie geparafeer was nie en 'n registrasiedokument nie volledig deur die Namibiese polisie of ’n kommissaris gesertifiseer was nie,” beweer Menzies in hul hofstukke.
Die maatskappy het hierna ’n aansoek vir hersiening van dié besluit by die hof ingedien.
Menzies se hersieningsaansoek is gebaseer op beweerde onreëlmatighede tydens die tenderproses.
“Die totale waarde van Paragon se bod oorskry die drempels waarvoor voorsiening gemaak word in die verkrygingsregulasies en deelname aan die bod was beperk tot burgers van Namibië of entiteite wat by Namibië ingelyf is en Paragon (en sy Ethiopiese vennoot) is nie.
Menzies hoofkwessie is dat Paragon nie aan die tendervereistes voldoen het nie.
“Paragon beoog om verouderde gronddienstetoerusting (GSE) te gebruik. Ongeag die veiligheidskwessies, is dit in stryd met die tendervoorwaardes.”
Menzies beweer verder dat Paragon ou Air Namibia-toerusting sal huur en die meerderheid van Air Namibië se ou toerusting is glo ouer as 10 jaar.
“Die toerusting wat Paragon gaan gebruik, is eenvoudig onveilig en gevaarlik en om Paragon toe te laat om die grondhanteringsbedrywighede by HKIA oor te neem, is eenvoudig roekeloos,” beweer Menzies.
Gerugte doen die ronde dat Paragon reeds die grondhantering van die eerste Qatar-vlug wat sedert die pandemie by die lughawe geland het, behartig het afgesien van die feit dat hul kontrak eers op 1 Julie begin.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie