NAC van korrupsie beskuldig
Vraagteken hang oor tenderproses
Die regstryd met betrekking tot grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako se einde is nog nie in sig nie.
Die maatskappy wat sedert 2014 die grondhanteringsdienste by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako (HKIA) lewer, Menzies Aviation Namibia, beweer dat die Namibië Lughawensmaatskappy (NAC) ’n onwettige tenderproses en -toekenning uitgevoer het.
Menzies beweer – nadat nuwe inligting aan die lig gekom het – dat die tender glo onregmatig aan Paragon Investment Holdings toegeken is. NAC ontken die bewerings.
Partye het Dinsdag voor regter Eileen Rakow in die hoërhof in Windhoek verskyn.
AGTERGROND
Die NAC het in Junie verlede jaar ’n dringende aansoek by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak vir ’n hofbevel wat Menzies verplig om die lughawe se perseel te ontruim.
Die basis vir die aansoek was dat Menzies se kontrak om die grondhanteringsdienste by HKIA te lewer, op 30 Junie 2022 verval het en Paragon moes op 1 Julie dié dienste oorneem.
Menzies het ’n teenaansoek ingedien wat beweer dat die tender onregmatig aan Paragon toegeken is.
Die hof het in NAC se guns beslis en ’n hofbevel is uitgereik dat Menzies die perseel moet verlaat en Paragon die dienste moet oorneem.
Menzies het teen die uitspraak in die hooggeregshof geappelleer en die appèl is steeds hangend. Die NAC het ingestem dat Menzies die grondhanteringsdienste by HKIA kan lewer tot die appèlaansoek afgehandel is.
In onlangse verrigtinge betwis Menzies die akkuraatheid van die tenderaansoeke, die geldigheid van die tendertoekenning en soek verlof om ’n aanvullende beëdigde verklaring in te dien.
TENDERTOEKENNING
Menzies het ’n aansoek by die hof ingedien wat ’n interdik teen NAC versoek wat hulle verbied om die beweerde kontrak tussen NAC en Paragon te implementeer wat op grond van die tenderproses aangegaan is.
Volgens ’n verklaring van die direkteur van Menzies, Ian Michael van Rooyen, het hulle rede om te glo die tenderproses is onwettig en onregverdig uitgevoer en dat die ooreenkoms tussen Paragon en NAC daarom ongeldig is. Hulle eis dat die tenderproses van vooraf moet begin.
“Die ooreenkoms vir grondhanteringsdienste is nie wettiglik aan iemand toegeken nie en daarom moet die tenderproses van vooraf begin. Ons versoek dat Menzies vir tyd en wyl aanhou om die grondhanteringsdienste te lewer,” het Van Rooyen in sy verklaring gesê.
“KORRUPSIE EN VERVALSING”
Menzies beweer dat NAC drie verskillende weergawes van die tenderaansoek by die hof ingedien het.
Hulle het ’n handskrifkenner, Yvette Palm, gekry om die dokumente te ontleed. Sy het tot die gevolgtrekking gekom dat die dokument wat die NAC as die oorspronklike tenderaansoek geïdentifiseer het, glo verskeie afwykings en tekortkominge het.
Menzies beweer ook dat die eerste twee weergawes van die tenderaansoek, wat in Mei 2022 by die hof ingedien is, verskil van die derde weergawe wat in Augustus ingedien is.
“Die NAC kan nie verduidelik waarom hul verskillende kopieë van Paragon se tenderaansoek het nie, tensy hulle dit voor die amptelike tenderproses ontvang het of dit is daarna verander,” beweer Van Rooyen in sy verklaring.
“Dit is duidelik dat daar 'n aspek van korrupsie en vervalsing is met betrekking tot Paragon se aansoek.”
Van Rooyen voer verder aan dat NAC aanvanklik ’n fout gemaak het toe dié maatskappy dokumente ingedien het wat hy nie veronderstel was om in sy besit te hê nie.
“Deur daardie dokumente bekend te maak, het hulle ’n byenes oopgekrap wat hul nou moet probeer regstel.”
Die uitvoerende hoof van die NAC, Gerson Adolf /Uirab, sê dat die bewerings van korrupsie ongegrond is.
“Die NAC het rede om te glo dat Menzies net die oorgang na Paragon wil verhinder,” sê hy.
Paragon se direkteur vir besigheidsontwikkeling, Desmond Amunyela, meen dat Menzies geen bewyse het om sy bewerings van korrupsie te staaf nie.
Menzies het ook aansoek gedoen vir die hof se toestemming om hul aanvanklike beëdigde verklaring te wysig of ’n aanvullende beëdigde verklaring in te dien om hierdie nuwe inligting en bevindinge van Palm se ondersoek, in te sluit.
NAC en Paragon staan die aansoek teen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie