Nagraadse student sleep Unam hof toe
Universiteit gaan aansoek teenstaan
'n Student wie se aansoek afgekeur is om hereksamens te skryf, eis dat dié besluit hersien en tersyde gestel word.
’n Nagraadse student aan die Universiteit van Namibië (Unam) se sakeskool (NBS) het ’n saak teen die universiteit by die hoërhof in Windhoek gebring nadat die universiteit sy aansoek om hereksamens te skryf, afgekeur het.
Die nagraadse student van Swakopmund, Tuutaleni Naukushu, is ook die uitvoerende direkteur vir administrasie en bedrywighede by Kulula Technologies.
Hy kon weens werksverpligtinge nie die geskeduleerde aangesig-tot-aangesig-eksamens skryf nie.
In die hofaansoek poog Naukushu om Unam en NBS se besluit om sy aansoek af te keur om ’n spesiale hereksamen vir sy modules te skryf, te hersien en tersyde gestel te kry.
Hy versoek ook ’n bevel van die hof wat Unam en NBS verplig om vir hom ’n spesiale eksamen te reël vir al die modules wat hy gemis het.
AGTERGROND
Volgens Naukushu is die nagraadse graad in sake-administrasie as ’n aanlyn kursus geadverteer, wat glo beide studies en eksamens ingesluit het. Hy het tot die besef gekom dat die klasse meer aangesig-tot-aangesig-onderrig is.
Hy het in Junie 2022 sy eksamenrooster vir sy sewe modules ontvang. Naukushu het die NBS-eksamenbeampte, Lanard Drotsky, in kennis gestel dat hy nie die aangesig-tot-aangesig-eksamens, wat vir Julie geskeduleer was, sal kan skryf nie aangesien hy weens werksverpligtinge uitstedig sal wees.
Hy het aansoek vir die hereksamens gedoen wat vanaf 9 tot 12 Augustus sou plaasvind. Drotsky het hom glo op 11 Augustus ingelig dat sy aansoek afgekeur is.
“Ek het vanaf 15 Augustus tot September 2022 talle oproepe na die NBS-eksamensentrum sowel as Unam gemaak om my te help, maar dit was tevergeefs.”
Hy beweer verder Unam en NBS het nie geldige redes vir die afkeuring van sy aansoek verskaf nie, en dat die vertraging om ’n besluit te neem, onredelik was.
Die omstandighede wat oorweeg word vir die skryf van hereksamens is as volg: Siekte of besering van ’n student, ernstige siekte of dood van ’n naasbestaande, ’n eksamenrooster wat vereis dat ’n kandidaat ’n vraestel in meer as twee opeenvolgende eksamensessies moet skryf, of enige ander omstandighede wat na die adjunkdekaan se mening ’n hereksamen regverdig.
Naukushu het in Desember die saak by die hof aanhangig gemaak en Unam en NBS het reeds die hof in kennis gestel van hul voorneme om die saak teen te staan.
Partye het Woensdag voor regter Marlene Tommasi in die hoërhof in Windhoek verskyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie