Namibiërs is nie lafaards, sê Hengari

Oortree glo die wet op openbare byeenkomste
Verskeie ingenieurs en regsgegradueerdes het by die optog aangesluit en gesê hulle sit sedert hul studies voltooi is die afgelope vyf tot tien jaar by die huis.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Drie mense is gister tydens ’n vreedsame optog in Windhoek in hegtenis geneem.

Die optog is gehou uit protes teen werkloosheid onder die Namibiese jeug.

Michael Amushelelo en Dimbulukeni Nauyoma is by die Otjomuise-polisiekantoor in hegtenis geneem, terwyl die arrestasie van die parlementslid en lid van die Popular Democratic Movement (PDM), Inna Hengari, kort hierna gevolg het.

’n Dringende aansoek deur die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) is vroeg Dinsdagoggend in die hoërhof van die hand gewys, nadat die Namibiese polisiehoof, inspekteur-generaal Joseph Shikongo, die groep ingelig het ’n nasionale protesaksie teen werkloosheid onder die jeug is onmoontlik op ’n openbare vakansiedag.

Die groep is gevra om hul protesaksie te herskeduleer, maar het gisteroggend steeds vergader en plakkate geswaai en slagspreuke geskree om hul misnoeë oor werkloosheid te kenne te gee.

Dit het gelei tot Amushelelo, Nauyoma en Hengari se inhegtenisname en aanhouding.

Volgens die polisie se woordvoerder, hoofinsp. Kauna Shikwambi, is Nauyoma en Amushelelo gearresteer vir die oortreding van die wet op openbare byeenkomste, kwaadwillige beskadiging van eiendom, die aanhitsing van openbare geweld, sowel as die minagting van ’n hofbevel.

“In 1990 op dieselfde dag het ons onafhanklikwording gevier van wat ons die apartheidsregime noem. Ons het as jongmense gedink die vrugte van onafhanklikheid sou werksgeleenthede wees, dit sal vooruitgang en nie armoede wees nie. Ons het gedink as jongmense sal ons toegang tot gratis gehalte-onderrig hê, maar 33 jaar later kan niemand van ons sê ons het enige van dit nie,” het Hengari gesê.

Sy het ’n beroep op die res van die land se jeug gedoen om vir hul regte op te staan. Volgens haar het Namibiërs nie die naam “Land of the Brave” verniet gekry nie en is hulle nie lafaards nie.

Verskeie ingenieurs en regsgegradueerdes het by die optog aangesluit en gesê hulle sit sedert hul studies voltooi is die afgelope vyf tot tien jaar by die huis.

Die Khomasstreek se polisiekoördineerder vir misdaadondersoeke, adj.komm. Chrispin Mubebo, het by die optog opgedaag en die groep beveel om binne vyf minute uitmekaar te gaan.

Volgens Amushelelo was die groep egter vreedsaam en behoort toegelaat te word om as groep na hul huise terug te keer.

Die optog het by die Katutura-jeugkompleks begin en Nauyoma en Amushelelo is by die hekke van die Sam Nujoma-stadion in hegtenis geneem, nadat hulle deur lede van die publiek toegejuig is wat ook by die groep aangesluit het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 17° | 27° Rundu: 19° | 26° Eenhana: 21° | 33° Oshakati: 23° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 18° | 29° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 20° | 32° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 14° | 23° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 22° | 29° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 18° | 22° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 16° | 31° Lilongwe: 18° | 22° Maputo: 22° | 26° Windhoek: 20° | 32° Cape Town: 18° | 24° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 18° | 28° Harare: 16° | 22° #REF! #REF!