Namibiese Phala Phala-trio vlugtig in hof
Die drie Namibese beskuldigdes in die sogenaamde Phala Phala-diefstalsaak in Suid-Afrika het vandag vlugtig in die landdroshof op Modimolle, Limpopo, verskyn.
Imanuwela David (39), die 30-jarige Froliana Joseph en haar jonger broer Ndilinasho David Joseph (27), se saak is tot later vanjaar uitgestel.
Froliana, 'n voormalige tydelike huiswerker op Phala Phala, en Ndilinasho, n veiligheidswag, word saam met Imanuwela beskuldig van sameswering om huisbraak te pleeg en te steel, huisbraak met die doel om te steel by Suid-Afrikaanse pres. Cyril Ramaphosa se buurplaas, asook van huisbraak met die doel om te steel en diefstal by Phala Phala.
Altesaam US$580 000 in kontant is uit Ramaphosa se woning op sy wildplaas buite Bela-Bela gesteel. Die staat voer aan al drie beskuldigdes het in Februarie 2020 op Ramaphosa se wildplaas ingebreek en die dollars gesteel wat in 'n rusbank versteek was.
Imanuwela word ook van geldwassery aangekla. Hy is in aanhouding terwyl die Josephs verlede jaar op borgtog vrygelaat is.
Die saak is uitgestel om die staat tyd te gun om die inhoud van die dossier aan hul onderskeie regverteenwoordigers bekend te maak. Die staat het ook aangedui 'n Oshiwambo-tolk moet voorsien word.
Bron: Maroela Media

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie