Nangolo sleep Dausab hof toe
Staatsprokureur sê minister het ultra vires opgetree
Die staatsprokureur se regshulpsertifikaat is in April teruggetrek nadat haar twiet oor Damara-mense 'n openbare herrie ontketen het.
Jemima Beukes - Die staatsprokureur Eva Maria Nangolo het getrou gebly aan haar belofte om die minister van justisie, Yvonne Dausab, en die regshulpdirektoraat hof toe te sleep ná ’n besluit om haar regshulpsertifikaat terug te trek.
Die minister het Nangolo se sertifikaat in April teruggetrek ná laasgenoemde se uitlatings op Twitter oor Damara-mense en hul kultuur. ’n Dissiplinêre proses is ook teen haar ingestel.
Nangolo het in die sop beland toe sy op 2 April getwiet het: “Vir eens doen die Damara-mense iets moois, kulturele identiteit. Ek hou hiervan! Dit oorskadu daardie gewelddadige beeld van bottels breek, messteek, beledigings, geen kultuuridentiteit nes ek hulle ken (sic).”
Sy het kommentaar gelewer op foto’s van Damara-mense geklee in tradisionele drag by die bekendstelling van die Horokhoes-geleentheid in Windhoek, wat ontwerp is om Khoekhoegowab-sprekers aan te moedig om hul tradisionele rokke te dra.
Talle het dié opmerkings as neerhalend teenoor Damara-mense beskou.
Die omstrede twiet is nog nie van haar tydlyn verwyder nie.
In ’n aparte twiet gedateer 17 Oktober 2022 het Nangolo gesê president Hage Geingob se voedselbankinisiatief is ’n “tipiese Damara-mentaliteitsding”.
Sy het glo getwiet: “Die voedselbank is ’n tipiese Damara-mentaliteitsding... bedelbak dag na dag. Dit is ’n walglike manier om te lewe en moet eindig (sic).”
‘ONGELDIGE’ BESLUIT
In haar funderende verklaring het Nangolo aan die hof gesê daar is meriete om Dausab se besluit (om haar aanstelling te herroep) te hersien, tersyde te stel en as onwettig af te maak. Die minister het nie die jurisdiksie en bevoegdheid gehad om sulke stappe te doen nie, het sy aangevoer.
“Nadat ek die kennisgewing van Dausab ontvang het dat sy my titel en hoedanigheid as regshulpprokureur teruggetrek het sonder om my die geleentheid te gee om oor alle aspekte van haar besluit aangehoor te word, het ek my regspraktisyn geraadpleeg, wat toe – op my opdrag – ’n brief aan Dausab geskryf het.
“In die brief is Dausab in kennis gestel van die ongeldigheid van haar besluit op die [grondslag] dat dit ongeldig en ultra vires [buite haar magte] was,” sê Nangolo, wat deur Nelao Shilongo van Sisa Namandje se regsfirma verteenwoordig word.
Nangolo het verder gesê hul argument is op die bepaling van die Regshulpwet gegrond, en bygevoeg dat Dausab daardie bepalings verontagsaam het en ’n besluit geneem het onder openbare druk en met inagneming van irrelevante faktore of vir ’n bymotief.
VERREIKENDE GEVOLGE
“Die besluit wat geneem is, hou verreikende en ernstige gevolge vir my regte, reputasie en loopbaan in. Op grond daarvan het Dausab ’n direkte en verpligte verantwoordelikheid gehad om billike en redelike prosedure te volg soos vereis deur artikel 18 van die Namibiese Grondwet en die gemenereg,” het Nangolo gesê.
“In hierdie opsig het Dausab in ’n elementêre en basiese vereiste misluk. Hierdie versuim om ’n billike en redelike proses te volg wanneer die besluit geneem word, is fataal,” het sy bygevoeg.
Die saak is tot 9 Junie uitgestel om Dausab en die direktoraat tyd te gun om die saak teen te staan en beantwoordende hofstukke in te dien.
Nangolo het nog nie getwiet sedert haar opmerkings ’n herrie ontketen het nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie