NBC slaag in appèl by ombudsman
Die appèlkomitee van die media-ombudsman het vandeesmaand ’n appèlaansoek van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) toegestaan in ’n geskil oor die gebruik van tradisionele titels tydens uitsendings.
Die geskil was tussen die NBC en die Ovambanderu Tradisionele Raad (OTC) en spruit uit ’n voorval wat reeds in 2020 plaasgevind het.
Die OTC het beweer dat die NBC se radio-omroepers gesensor is deurdat hulle aangesê is om nie die tradisionele titel “Ombara Otjitambi” vir die OTC se leier, Aletha K. Nguvauva, te gebruik nie.
Die OTC het dié kwessie in Desember 2020 onder die ombudsman se aandag gebring en beweer dat die NBC se gedrag inbreuk maak op hul reg op vryheid van uitdrukking.
Die NBC het aangevoer dat dit sy interne stylgids en redaksionele beleide nagekom het om konsekwentheid en akkuraatheid in sy uitsendings te handhaaf.
Nadat ’n komitee van die ombudsman in die guns van die OTC beslis het, het die NBC teen die uitspraak van die media-ombudsman geappelleer en die appèlaansoek is in Junie 2023 aangehoor. Die appélkomitee het op 19 Junie vanjaar uitspraak gelewer en die NBC se aansoek het geslaag.
BESLISSING
Die voorsitter van die appèlkomitee wat die saak aangehoor het, André le Roux, en twee paneellede, Ernst Venzke en Hesron Kapanga, het bevind dat die NBC nie verplig is om die titel “Ombara Otjitambi” vir Nguvauva te gebruik nie.
“’n Tradisionele gesag kan bestaan en sy lede kan hul leiers aanspreek met enige titel wat hulle verkies. Dit is egter nie verpligtend vir ander om sulke leiers met hierdie titels aan te spreek nie.
“As die NBC se stylgids en redaksionele beleide aan Namibiese wette voldoen, kan dit NBC-werknemers se optrede en besluite lei,” lui die uitspraak.
Die komitee het in sy uitspraak verder daarop gewys dat geen fisieke bewysstukke, soos skriftelike instruksies of opnames, ingedien is om die bewerings van sensuur te bevestig nie.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie