Minister Frans Kapofi van veteranesake en verdediging. Foto argief
Minister Frans Kapofi van veteranesake en verdediging. Foto argief

NDF-lid in hof vir ‘roekelose bestuur’

Cymot eis N$130 500
Cymot beweer die man agter die stuur van 'n NDF-voertuig het 'n U-draai op die westelike verbypad probeer maak toe hy een van Cymot se voertuie gestamp het.
Kristien Kruger
Die minister van veteranesake en verdediging, Frans Kapofi, is hof toe gesleep nadat ’n voertuig van die Namibiese weermag (NDF) glo ’n ander voertuig gestamp het terwyl die bestuurder na bewering ’n roekelose U-draai op die westelike verbypad probeer uitvoer het.

Die voertuig wat glo gestamp is, behoort aan die maatskappy Cymot, wat die saak einde verlede jaar by die hoërhof in Windhoek aanhangig gemaak het. Cymot eis byna N$130 500 van die ministerie.

Die bestuurder van die NDF-voertuig was Thomas Chihinga wie se adres by die militêre basis op Walvisbaai is.

Cymot beweer dat Chihinga nie op die uitkyk was vir ander voertuie toe hy teen ’n hoë spoed na die regterkant ’n U-draai oor die westelike verbypad probeer uitvoer het nie.

Die beweerde voorval het op 9 November 2021 omstreeks 17:50 naby die hoofstad plaasgevind.

Die ministerie het sedertdien geweier om die skade aan die Cymot-voertuig te betaal. Die ministerie is die eerste verweerder en Chihinga die tweede verweerder.

Die partye het Dinsdag voor regter Hosea Angula in die hoërhof in Windhoek verskyn vir voorverhoorverrigtinge.

Die ministerie het reeds aangedui dat hy die saak sal teenstaan en sal voor 21 Februarie hul pleitstukke by die hof indien.

Die partye het op 30 Januarie aangedui dat hulle die hof sal versoek om bemiddeling te fasiliteer.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!