NEFF kan net homself blameer, meen ECN

Hofgeskil duur voort
Partye het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn vir die dringende aansoek waarin die party poog om sy deregistrasie tersyde te stel.
Kristien Kruger
Die hewige stryd tussen die Namibia Economic Freedom Fighters (NEFF) en die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) het gister in die hoërhof in Windhoek voortgeduur.

Die ECN het tydens die aanhoor van die dringende aansoek – waarin die NEFF die ECN se besluit uitdaag om hom te deregistreer – aangevoer dat die NEFF net homself kan blameer vir sy deregistrasie omdat hy nie aan die “uitdruklike en verpligte” bepalings van die kieswet voldoen het nie.

Hoewel die NEFF meen dat die aansoek se dringendheid vanselfsprekend is gegewe die komende verkiesings, beweer die ECN dat dié dringendheid self geskep is.

“Die aansoeker [NEFF] kan nie die wet ignoreer, in stryd daarmee optree, staats- of openbare finansiering ontvang en uitnodigings ignoreer om vertoë te rig en wanneer daar opgetree word, met dringendheid hof toe hardloop nie.

“Die dringendheid word self deur [die NEFF] geskep,” het die ECN aangevoer en gesê dat die saak op grond daarvan alleen van die rol geskrap moet word.

Die NEFF het gister voor regter Thomas Masuku aangevoer die ECN het sy besluit voortydig en irrasioneel geneem en dat dit die gemenereg, asook Artikels 17 en 18 van die Namibiese Grondwet oortree.

“Hierdie dringende aansoek is van wesenlike grondwetlike belang, want dit gaan oor die implementering van ’n drastiese en ongekende besluit om ’n politieke party met werklike burgerlike steun en verteenwoordiging in die huidige Nasionale Vergadering te deregistreer,” beweer die NEFF.

Dié party beskryf homself as ’n relatiewe klein en effens linksgesinde politieke party met sowat 100 000 kiesers, lede en simpatiseerders.

Die NEFF se regsverteenwoordiger, Kadhila Amoomo, het ook tydens gister se verrigtinge daarop gewys dat hierdie die eerste saak van sy soort in die geskiedenis van Namibië se howe is en daarom is daar nie veel wetlike raamwerk daarvoor nie.

Die NEFF beweer verder dat meeste politieke partye histories versuim om aan die bepalings van die wet te voldoen wat tot sy deregistrasie gelei het.

“Dit is dus teenstrydig, irrasioneel en diskriminerend om die [NEFF] uit te sonder deur streng nakoming te vereis,” beweer die NEFF in sy betooghoofde wat by die hof ingedien is.

AGTERGROND

Die hofgeskil volg nadat die NEFF verlede week misluk het in sy aansoek by die verkiesingshof oor sy deregistrasie.

Dit is nadat die party in Junie vanjaar van die ECN se besluit in kennis gestel is. Die ECN het politieke partye in Junie verlede jaar ingelig dat hulle hul jaarlikse finansiële state binne ses maande moet indien. Die NEFF is glo tot 30 November 2023 gegee om aan dié versoek te voldoen.

Die NEFF se sperdatum is op 24 April vanjaar tot 30 Junie uitgestel. Die NEFF beweer dié datum is op 25 April 2024 vervroeg na 10 Mei.

Sommige van die NEFF se state is eers op 4 Junie ontvang en die NEFF beweer die ECN het aan hom gesê hulle sien daarna uit om die uitstaande state so gou as moontlik te ontvang.

Die NEFF meen daar was geen aanduiding van enige voorneme om die party te deregistreer nie.

“Uit die bloute en ten spyte van deurlopende verbintenis tussen die NEFF en die ECN, het [die ECN] skielik besluit om die party op 17 Junie te deregistreer,” beweer die NEFF.

WETGEWING

Die party voer aan dat die ECN se besluit teenstrydig is met Artikel 17 van die Grondwet wat handel oor mense se reg om deel te neem aan vreedsame politieke aktiwiteite.

Hulle beweer dit is ook in stryd met Artikel 18 wat administratiewe liggame verplig om regverdig en redelik op te tree en aan die vereistes van gemenereg en wetgewing te voldoen.

Verder beweer die NEFF dat dit in stryd is met die kieswet deurdat hulle nie ’n geleentheid gegun is om aangehoor te word voor die besluit geneem is nie.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.86 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 549.66/OZ UP +1.50% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 867.50/T UP 2.94% | Brent Crude Oil US$ 72.92/BBP UP +2.54% | Platinum US$ 968.72/OZ UP +1.55% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 38° Rundu: 21° | 37° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 34° Omaruru: 16° | 35° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 17° | 34° Henties Bay: 11° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:56, High tide: 04:06, Low Tide: 22:25, High tide: 16:22 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 31km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:04, Low Tide: 22:23, High tide: 16:20 Walvis Bay: 11° | 20° Wind speed: 35km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:54, High tide: 04:03, Low Tide: 22:23, High tide: 16:19 Rehoboth: 15° | 33° Mariental: 15° | 33° Keetmanshoop: 12° | 30° Aranos: 15° | 34° Lüderitz: 10° | 20° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 9° | 18° Luanda: 21° | 22° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 35° Mbabane: 18° | 34° Maseru: 12° | 30° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 20° | 31° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 11° | 18° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 20° | 34° Harare: 17° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.69 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 17.85 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.36 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.19 | USD to AOA 925.9 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.38 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1587.42 | USD to ZAR 17.86 | USD to ZMW 26.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1761.3 Down -1.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13926.19 Down -0.17% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30485.63 Up +1.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9625.73 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 549.66/OZ UP +1.50% | Copper US$ 4.17/lb UP +0.75% | Zinc US$ 2 867.50/T UP 2.94% | Brent Crude Oil US$ 72.92/BBP UP +2.54% | Platinum US$ 968.72/OZ UP +1.55%