CRISIS: Rundu’s Ndama residents are still struggling with limited access to potable water, a situation that persists despite efforts to address the issue. Photo Nikanor Nangolo
CRISIS: Rundu’s Ndama residents are still struggling with limited access to potable water, a situation that persists despite efforts to address the issue. Photo Nikanor Nangolo

Netvend misluk in aansoek oor tender

Hof beslis saak is nie dringend nie
Die aansoek het gepoog om te verhoed dat die Rundu-dorpsraad 'n kontrak met Lwayaha Trading aangaan vir die verkryging en installering van voorafbetaalde watermeters.
Nikanor Nangolo
Die hoërhof in Windhoek het ’n dringende aansoek wat deur Netvend Metering Solutions se uitvoerende hoof, Hans Hamukoto ingedien is, van die rol geskrap weens 'n gebrek aan dringendheid.

Die aansoek het gepoog om te verhoed dat die Rundu-dorpsraad ’n kontrak met Lwayaha Trading aangaan vir die verkryging en installering van voorafbetaalde watermeters.

Hamukoto beweer daar was ongerymdhede in die verkrygingsproses en het aangevoer dat die dorpsraad Lwayaha Trading onregmatig as die voorkeurbieër gekies het, ondanks die feit dat Netvend aan alle vereistes voldoen het.

Hy het ook beweer die raad het versuim om al die rolspelers in kennis te stel dat die tender aan Lwayaha toegeken is.

“Die publiek behoort nie ’n diensverskaffer te betaal wat [die tender] onregmatig bekom het nie en geen bewese ondervinding het nie, waar ’n ervare diensverskaffer beskikbaar is en na bewering onregmatig gediskwalifiseer is.

“As hierdie installasies deur ’n onervare diensverskaffer hanteer word, sal dit nie net die inwoners se toegang tot water beïnvloed nie, maar dit sal ook die raad se vermoë om rekeninge uit te stuur en geld in te vorder vir die verskaffing van waterdienste negatief beïnvloed,” het Hamukoto gesê.

Die Rundu-dorpsraad het intussen in sy beëdigde verklaring enige oortreding ontken en gesê dat die toekenning gemaak is na ’n regverdige en deursigtige proses.

Die uitvoerende hoof van die dorpsraad, Olavi Nathanael, het aangevoer dat Netvend Metering Solutions versuim het om die dringendheid van die saak te bewys en dat die saak van die rol geskrap moet word.

“[Netvend] wys nie die beweerde toegewings uit nie. Daar is geen onreëlmatighede of onwettighede nie. Die toekenning is nie ’n onderwerp van hierdie aansoek nie,” het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat die dorpsraad ’n besluit geneem het om die tender aan Lwayaha toe te ken en het reeds die kontrak onderteken.

Die eienaar van Lwayaha, Guo Yunhai, het in sy beëdigde verklaring gesê die raad se besluit om die tender aan sy maatskappy toe te ken, is nie onwettig nie.

“Gevolglik is ’n kontrak wat op 12 Maart onderteken is steeds geldig. [Netvend] het versuim om 'n prima facie-saak te bewys vir dringendheid en dat ’n interdik toegestaan moet word,” het hy gesê.

Die hof het beslis dat Netvend se aansoek nie dringend was nie en het die maatskappy gelas om die dorpsraad en Lwayaha Trading se regskoste te betaal.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!